Afrikaanse onderwys – N. P. van Wyk Louw-sentrum https://npvanwyklouw.org.za Taal Kultuur Gemeenskap Wed, 25 Apr 2018 10:18:45 +0000 en-US hourly 1 https://npvanwyklouw.org.za/wp-content/uploads/2017/05/cropped-np-facebook-3-287x287.jpg Afrikaanse onderwys – N. P. van Wyk Louw-sentrum https://npvanwyklouw.org.za 32 32 129531421 Die ontwikkeling van kritiese denke kan gevaarlik wees – Dr. Jeanette de Klerk-Luttig https://npvanwyklouw.org.za/die-ontwikkeling-van-kritiese-denke-kan-gevaarlik-wees-dr-jeanette-de-klerk-luttig/ https://npvanwyklouw.org.za/die-ontwikkeling-van-kritiese-denke-kan-gevaarlik-wees-dr-jeanette-de-klerk-luttig/#respond Mon, 26 Jun 2017 07:31:08 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=2251 Die artikel word hier geplaas met die toestemming van die skrywer en met erkenning aan Netwerk24 waar dit oorspronklik gepubliseer is.   Die Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga moet gelukgewens word omdat sy dapper genoeg was om die ANC- Presidentskandidaat Nkosazana Dlamini-Zuma te kritiseer oor haar onaanvaarbare en onverantwoordelike opmerkings oor negatiewe propaganda teen […]

The post Die ontwikkeling van kritiese denke kan gevaarlik wees – Dr. Jeanette de Klerk-Luttig appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>


Die artikel word hier geplaas met die toestemming van die skrywer en met erkenning aan Netwerk24 waar dit oorspronklik gepubliseer is.  


Die Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga moet gelukgewens word omdat sy dapper genoeg was om die ANC- Presidentskandidaat Nkosazana Dlamini-Zuma te kritiseer oor haar onaanvaarbare en onverantwoordelike opmerkings oor negatiewe propaganda teen die ANC in oudmodel C-skole. Dit is duidelik dat die voornemende presidentskandidaat nou volstoom besig is om stemme te werf en sy skroom nie om dieselfde patroon van populistiese onwaarhede as ons huidige president te gebruik nie. Sy fokus tans sterk op die platteland waar die Zuma-ondersteuners meestal stimuli-arm, onkritiese lofsangers en blindelingse navolgers is. Minister Motshekga het die bewerings dat skole ’n anti-ANC-propagandaveldtog voer en leerders daarom dink dat die ANC korrup en nutteloos is, verwerp en dit beklemtoon dat daar duidelike riglyne is wat in skole geleer mag word en wat nie. Waar daar wel geïsoleerde voorvalle van propaganda of politieke agendas in skole voorkom, word daar dadelik teen die betrokke onderwysers opgetree. Onderwysers is deeglik daarvan bewus dat hulle tydens skoolure ’n polities neutrale standpunt moet inneem.

Toegang tot inligting, ook inligting van politieke instellings en sisteme, asook die ontwikkeling van kritiese denkvaardighede wat mense in staat stel om self sinvolle keuses te kan maak tussen kompeterende beleide en partye, is van die belangrikste voorvereistes vir ’n gesonde demokrasie. Kritiese denke is ’n voorvereiste vir verantwoordelike burgerskap in ’n demokrasie. Dit stel mense in staat om te onderskei tussen leuen en waarheid, tussen valse propaganda en bewysbare feite en dit is ’n onontbeerlike voorvereiste vir die verwydering van gewetenlose magshebbers. Hoe groter die eiland van kennis, kritiese denke en kundigheid, hoe langer is die kuslyn van respek, insig en vertroue.

Wat Nkosazana Dlamini-Zuma dalk nie besef nie is dat die “kids” se persepsies dat die ANC oneffektief en korrup is, nie die gevolg van ’n propagandaveldtog teen die ANC is nie. Dit is grotendeels die gevolg van die feit dat skole, veral oudmodel C-skole, leerders se kritiese denke ontwikkel en van hulle verwag om krities evaluerend te dink. Leerders word van jongs af voorberei vir ’n demokratiese samelewing omdat hulle in skole aangemoedig word om selfstandig en krities te dink en hul opinies te lug al verskil ander van hulle.

Kritiese denke word in elke leerarea in skole ontwikkel en is ingebed in die kurrikulum. Die volgende doelwitte in die Nasionale Kurrikulum Graad R-!2 wys hoe ’n belangrike rol die ontwikkeling van kritiese denke speel:

  • ’n Aktiewe en kritiese benadering tot leer moet aangemoedig word, eerder as om te leer sonder om te begryp.
  • Probleme word geïdentifiseer en opgelos en besluite word geneem deur kritiese en kreatiewe denke.
  • Inligting word versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer.

In Afrikaans en Engels Eerste Taal word, volgens die Nasionale Kurrikulum (Leeswerk), van graad 10- tot 12-leerders verwag om insig te hê in: die verskil tussen feite en opinies, direkte en geïmpliseerde betekenis, die effek van weglating en selektering op betekenis, die verhouding tussen taal en mag, emotiewe en manipulerende taal, vooroordeel, diskriminasie, stereotipering, voorveronderstellings en die doel van insluiting of weglating van inligting.

Volgens die Nasionale Kurrikulum moet graad 12-leerders in Lewensoriëntering (Burgerskap) o.a. die volgende kan doen: Hulle moet die rol wat elektroniese en gedrukte media in ’n demokratiese samelewing speel, evalueer, asook die mate waartoe mediaverslaggewing ’n demokratiese samelewing weerspieël en hulle moet ’n kritiese analise van media en veldtogte kan maak.

Talle eksamenvrae verwag dan ook van leerders om ’n kritiese evaluering van ’n verskynsel te maak, die plusse en minusse, die voor- en die nadele teen mekaar te kan opweeg en tot ’n logiese gevolgtrekking te kom.

Dit is baie duidelik dat ’n hoë graad van onafhanklike, kritiese denke van leerders verwag word en mens kan nie help om te wonder waarom die Jeugliga se ondersteuners nie meer daarvan gebruik maak nie. Leerlinge het, met die feitelike gegewens tot hul beskikking danksy ons vrye media/pers, nie intellektuele gimnastiek nodig om tot ’n verdoemende gevolgtrekking te kom oor die effektiwiteit en die moraliteit van die huidige ANC-regering nie. Hulle gaan beslis nie met oogklappe deur die lewe nie en is nie polities naïef nie.

Vir die Zumas is die ontwikkeling van kritiese denke op skool en universiteit gevaarlik, want die gevolge daarvan is dat die getal leerders en studente wat besef dat die koning nie klere aanhet nie en daarom nie vir ’n moreel kaal koning of vir sy vorige vrou gaan stem nie, besig om hand oor hand toe te neem. Vir ons president en sy kornuite is goed ingeligte burgers wat selfstandig en krities-evaluerend kan dink, ’n wesenlike bedreiging. Want mense wat selfstandig en krities kan dink, sing nie saam in die lofsange vir priesters van eiebelang en stem nie vir aanbidders van eie agendas nie. Hulle eet nie ongeverifieerde stellings vir soetkoek op nie en val nie vir ongekwalifiseerde veralgemenings, valse analogieë en populistiese propaganda nie. Hoe minder kritiese denkers daar is, hoe meer mense is saamdansers en napraters van ons president en sy gewese vrou. Is dit dalk die dieperliggende rede waarom president Zuma nie van “learned Blacks” hou nie? Nkosazana Dlamini-Zuma sal vinnig moet besef dat sy nie maar net kan weier om kritiese vrae soos die een oor waarom sy presidensiële beskerming geniet, te antwoord nie. Sy gaan in haar veldtog toenemend gekonfronteer word met vrae deur selfstandige, kritiese denkers wat reeds op skool denkvaardighede ontwikkel het.

Die ironie van haar toespraak is dat minister Naledi Pandor, minister van Wetenskap en Tegnologie en ’n vorige minister van Basiese Onderwys langs haar gesit het en die heel tyd instemmend geknik het vir die goedkoop politiek wat oor skole en universiteite kwytgeraak is. En ons weet dat sy van beter weet.

 


Dr. Jeanette de Klerk-Luttig is verbonde aan die kantoor vir morele leierskap aan die Universiteit Stellenbosch.


Hierdie meningstuk is deur ‘n onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word is nie noodwendig die beleid of standpunt van die FAK se werknemers of direksie nie. 

The post Die ontwikkeling van kritiese denke kan gevaarlik wees – Dr. Jeanette de Klerk-Luttig appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/die-ontwikkeling-van-kritiese-denke-kan-gevaarlik-wees-dr-jeanette-de-klerk-luttig/feed/ 0 2251
Hoe belangrik is Afrikaans in die huidige Suid-Afrika? – Prof. Heilna du Plooy https://npvanwyklouw.org.za/hoe-belangrik-afrikaans-die-huidige-suid-afrika-prof-heilna-du-plooy/ https://npvanwyklouw.org.za/hoe-belangrik-afrikaans-die-huidige-suid-afrika-prof-heilna-du-plooy/#respond Mon, 25 Jul 2016 10:30:10 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=1534 Foto: judithkamffer.com Hierdie artikel word geplaas met toestemming van prof. Heilna du Plooy en met erkenning aan die Gereformeerde Kerk se maandelikse tydskrif, Die Kerkblad, waar hierdie artikel eerste verskyn het. Prof. du Plooy is verbonde aan die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. Identiteit en die werking van taal Wanneer ’n baba gebore […]

The post Hoe belangrik is Afrikaans in die huidige Suid-Afrika? – Prof. Heilna du Plooy appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
NP van Wyk Louw Afrikaans liefde

Foto: judithkamffer.com


Hierdie artikel word geplaas met toestemming van prof. Heilna du Plooy en met erkenning aan die Gereformeerde Kerk se maandelikse tydskrif, Die Kerkblad, waar hierdie artikel eerste verskyn het. Prof. du Plooy is verbonde aan die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom.

Identiteit en die werking van taal

Wanneer ’n baba gebore word, neem so ’n mensie aanvanklik bloot sintuiglik waar, beelde en kleure, lig en donker, geluide, temperatuur, sag en hard, koud en warm. Die inligting is egter amorf en intuïtief: dit is eers wanneer die kind taal aanleer dat hy die kennis en inligting waaroor hy beskik en wat hy verwerf, prakties kan gebruik en daaroor kan kommunikeer. Dit is asof taal die inligting in die brein en selfs in die onderbewuste struktureer en dit bruikbaar maak. Daarom sê psigoanalitici dat die mens se psige en onderbewuste soos sy taal gestruktureer is. Hierdie strukturering sluit in sowel die woordeskat, dit wil sê die name van dinge, as die verhoudinge tussen dinge en die assosiasies wat aan die woorde wat die konsepte aandui, kleef. Hierdie strukturering maak konseptualisering moontlik en verskaf die instrumente, die woorde, én die taalpatrone, die sintaksis, waarmee die mens sy psigiese inhoude hanteer en waarmee hy dus sy werklikheid beheers.

 

Dit is op grond van hierdie werking van die verhouding tussen psige en taal dat aangedring word op die waarde van die eerstetaal, oftewel die moedertaal, in onderrig. Die kind kan nuwe inligting en konsepte laat aansluit by bestaande konseptualisering en daarop voortbou. Die eerste taal wat mens leer en wat jy dominant gebruik, is daarom ook ’n onmiskenbare en onontkenbare aspek van jou identiteit, van jou menswees self.

 

Hoe meer gesofistikeerd ’n taal is, hoe meer kan die taal doen en hoe meer help die taal om mense se verstandelike vermoëns te ontwikkel. Mense maak die taal en die taal maak die mense. Hoewel die aanleer van meerdere tale mense se vermoëns uitbrei en vergroot, het navorsing ook bewys dat dit die beste en selfs noodsaaklik is as die basiese konseptualisering in een taal goed gevestig is voordat ’n nuwe taalsisteem funksioneel en effektief gebruik kan word. Dan word die tweede en derde taal ’n uitbreiding en ’n verryking.

 

Die huidige debat oor Afrikaans is ’n suiwer politieke debat wat wetenskaplike inligting oor taal, oor taalontwikkeling, leer en taalbeleid soos dit internasionaal verstaan word, buite rekening laat. Die taal het ’n instrument geword in ’n politieke magspel wat alle fasette van ons lewe wil oorheers. Die stemme wat taalwetenskaplike en taalpsigologiese inligting aan die orde probeer stel, word gerieflikerwys nie gehoor nie.

 

Dit is egter wêreldwyd ’n aanvaarde aanname dat taalregte ’n basiese mensereg is en dat geen mens van sy taal ontneem mag word nie. Die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm hierdie reg, maar die politieke wil om dit in die werklikheid waar te maak, ontbreek.  Die een se reg om in sy moedertaal te leef, te studeer en te werk, word oorheers deur ’n meerderheidsaandrang op ’n ander taal. Hierdie felle debat laat mense oorreageer en bring hulle daartoe om pragmaties te dink, maar die prys wat daarvoor betaal word, is onuitspreeklik groot.

 

 

Die status van die taal

’n Taal se status word bepaal deur drie faktore, die statistiese feite en gegewens, die siening van die sprekers van die taal oor die taal en oor hulleself, en die siening van mense van buite oor die taal en die sprekers van die taal. Afrikaans vaar uitstekend op die eerste punt: daar is tussen 6 en 7 miljoen moedertaalsprekers van Afrikaans en nog ongeveer 5-6 miljoen mense wat dit as hulle natuurlike tweedetaal beskou (in Noorweë is daar net 5 en ’n half miljoen Noorweërs wat Noorweegs praat). Van die moedertaalsprekers van Afrikaans is meer as die helfte nie wit nie, sodat dit inderdaad en funksioneel ’n multikulturele moedertaal is. Die taal kan alle hoë funksies vervul, in die onderwys, in die reg en die ekonomie, in die wetenskap van alle dissiplines en dit beskik oor ’n dinamiese literatuurskat van hoë gehalte. Die taal ontwikkel steeds in al sy variante en beskik as ’n besonder soepel moderne taal by uitstek oor die vermoë om te groei en alle nuwe terreine van bestaan te kan verwoord.

Tog verkies baie mense tans, op grond van pragmatiese redes en onder politieke druk, om hierdie feite te ignoreer en Afrikaans al hoe minder te gebruik sonder om te besef wat hulle daarmee prysgee.

Afrikaanssprekendes  het in die tweede plek nog altyd baie positief gevoel oor Afrikaans, maar tans is baie mense geneig om die taal prys te gee, weer eens dikwels uit politieke korrektheid of op grond van een of ander oordrewe skuldgevoel. Dit is wel ’n ander debat, maar ’n taal op sigself kan tog nie skuldig wees weens die historiese gedrag van sommige van sy sprekers nie (niemand het nog ooit daarop aangedring dat Duits of Engels van die aardbol af verdwyn weens misdrywe op politieke vlak en in oorloë in die verlede nie).

Die derde punt is egter Afrikaans se groot probleem: mense buite die taal gebruik dit tans as ’n politieke instrument en kry inderdaad baie politieke myle daaruit om Afrikaans te verketter en te stigmatiseer ter wille van hulle eie politieke magstrewes.

Indien Afrikaanssprekendes van alle kleure en uit alle gemeenskappe nie self vir Afrikaans in die bres tree deur die taal te gebruik op sosiale vlak en in die werksplek in elke bedryf en beroep nie, kan die taal kwyn en inderdaad sterf.

Dit is naïef om te dink dit kan nie gebeur nie. Daar sterf elke dag iewers op die aarde ’n taal omdat daar nie meer sprekers van die taal is nie. As Afrikaans nie meer op universiteitsvlak as wetenskaptaal gebruik word nie, ontwikkel die taal nie die nodige nuwe woordeskat nie en is nie meer in staat om daardie funksie te vervul nie. Dieselfde geld die kerk en die hof en die ekonomie. En as Engels die enigste taal vir universiteitstudie is, sal die hoërskole binne enkele jare ook Engels as medium begin gebruik om die leerlinge vir die volgende fase van studie voor te berei.

Dink daaroor dat die reaksie teen Afrikaans gemotiveer word dat dit voor 1976 op swart kinders in skole afgedwing is. Binnekort kan die situasie ontstaan waar Engels (op indirekte wyse, maar nogtans) weer op Afrikaanse kinders afgedwing word soos vroeër ook al in Suid-Afrika gebeur het. Soos wat Frans in ’n stadium op Vlaminge afgedwing was en Engels op die Skotte en Walliesers. Hierdie soort dwang lok onvermydelik eventueel ’n reaksie uit. As ons nou weer toelaat dat draketande gesaai word, sal ons self die geweld van die toekoms moet maai.

 

Hoe hanteer mense die huidige problematiek?

Wat is die verlies as Afrikaans kwyn en eventuaal as ’n taal met hoër funksies verdwyn? Afrikaans in al sy variante dra ’n baie groot deel van bepaalde aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, nie net deur sy mense nie, maar inderdaad in sy woordeskat en in sy idiome en uitdrukkings. Dit is die taal wat op hierdie land se bodem ontwikkel het en op ’n unieke manier in alle streke die land en sy verskynsels en gebeure benoem. Taal is nie net ’n identiteitsdraer soos in die eerste paragraaf verduidelik is nie, dit is ook ’n kultuurdraer. Afrikaans is ook uniek omdat hy verskillende kulture se kultuur dra en hierdie kulturele variante in sy taalvariante weerspieël. Tans bestaan hierdie dinamiek nog en groei selfs – in die onlangse sensus was Afrikaans die enigste taal waarvan die aantal sprekers gegroei het: daar was 800,000 méér mense wat Afrikaans as hulle moedertaal aangedui het as in die vorige sensus. Nogtans skram baie mense daarvan weg om Afrikaans te gebruik, of om die gebruiksmoontlikhede daarvan te beskerm (waarvoor moderne tegnologie soos tolktoerusting wel bestaan) en sommige is selfs skaam vir die taal.

In alle multikulturele en multitalige moderne state word tale beskerm, onder meer in Kanada en België. Kanada het selfs wetgewing wat sy multikulturaliteit beskerm en beskou dit as een van die land se grootste bates. Ons Grondwet gee ons die reg op taalkeuse, maar as mense nie meer hulle eie taal kies nie, hulle kinders in Engelse skole sit, of verkies om hulle godsdiens  in Engels  te beleef (wat dikwels dan vervlak tot ’n Amerikaanse slagspreukgodsdiens), dra hulle self by tot die kwyning van ’n uiters kosbare bate vir enkelinge en vir die land. Waar taalverlies vir Afrikaanse skrywers ’n rampsalige gedagte is, sal dit verder ook vir die volgende twee tot drie generasies ’n intense vervreemding van verskeie Afrikaanse gemeenskappe in die land teweegbring, vervreemding van die sosiale en politieke lewe in die land en ook ’n kerklike vervreemding. Dit is herhaaldelik in studies aangetoon dat taalverlies vervreemding teweegbring.

As jy twyfel oor die geldigheid, waardigheid en vermoë van Afrikaans, gaan koop ’n paar resente Afrikaanse romans, lees Afrikaans poësie, lees rubrieke, historiese en populêr-wetenskaplike boeke in Afrikaans en onthou dat jy deel van hierdie erfenis en veral deel van hierdie ontwikkelinge vir die toekoms is. Vertaal eerder ’n slagspreuk voor jy die Engels vir vriende aanstuur en maak self vertalings van al die anderstalige name wat langs die strate die bestaan van Afrikaans ontken. Werk doelbewus aan die verbetering van jou eie en jou kinders en kleinkinders se Afrikaanse taalvermoë. En onthou dat jou taal sowel ’n individuele as ’n kollektiewe identiteitsdraer en ’n landsbate is waarop jy geregtig is en waarvoor jy medeverantwoordelik is, nie net omdat taal deur die Grondwet beskerm word nie, maar omdat jou bydrae daarin en daardeur prinsipieel vereis word.

Mense hoef en moet nie agressief of  depressief wees oor Afrikaans nie.  As die Afrikaanssprekende mense van hierdie land met waardigheid oral waar dit nodig is op die status en erkenning van hulle taal aandring en bly aandring – selfs met verbetenheid, maar steeds met waardigheid –  kan hulle inderdaad daaraan meewerk om die taal uit te bou en funksioneel te hou. Wat nie moet gebeur nie, is dat mense die taal begrawe voordat hy dood is, dat hulle op grond van ideologiese of religieuse sentiment die taal, wat nie aan enkelinge behoort nie maar aan baie soorte mense in die land, prysgee en opoffer, dat hulle deur prematuur moed op te gee, deur hulle apatie en kleinmoedigheid juis dit wat hulle vrees, ’n werklikheid laat word.

 

The post Hoe belangrik is Afrikaans in die huidige Suid-Afrika? – Prof. Heilna du Plooy appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/hoe-belangrik-afrikaans-die-huidige-suid-afrika-prof-heilna-du-plooy/feed/ 0 1534
Moedertaalonderrig: ’n Ononderhandelbare beginselsaak – Christoff van Wyk https://npvanwyklouw.org.za/moedertaalonderrig-n-ononderhandelbare-beginselsaak-christoff-van-wyk/ https://npvanwyklouw.org.za/moedertaalonderrig-n-ononderhandelbare-beginselsaak-christoff-van-wyk/#respond Mon, 25 Jul 2016 09:13:24 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=1527 Die debat oor die stand van Afrikaans is holrug gery. Maar die beginsel van moedertaalonderrig kan eenvoudig nie genoeg beklemtoon word nie en daar is genoeg bewyse daarvoor dat ons met reg ons voet kan neersit oor hierdie onderwerp en sterk standpunt inneem. Die verlies aan Afrikaans op tersiêre vlak gaan enorme druk op Afrikaans […]

The post Moedertaalonderrig: ’n Ononderhandelbare beginselsaak – Christoff van Wyk appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
np-van-wyk-louw-afrikaanse-onderrig

Die debat oor die stand van Afrikaans is holrug gery. Maar die beginsel van moedertaalonderrig kan eenvoudig nie genoeg beklemtoon word nie en daar is genoeg bewyse daarvoor dat ons met reg ons voet kan neersit oor hierdie onderwerp en sterk standpunt inneem.

Die verlies aan Afrikaans op tersiêre vlak gaan enorme druk op Afrikaans in skole plaas. ’n Eenvoudige voorbeeld is die vraag rakende opleiding van onderwysers. Waar gaan Afrikaanse skole die nodige onderwysers kry wat voldoende opgelei is om in Afrikaans onderrig te gee? Die gemaklike, ruggraatlose en wetenskaplik verkeerd bewysde keuse is om skouers op te trek en power argumente ten gunste van Engels te mompel, soos: ‘Engels is die wêreldtaal’; ‘ons kinders gaan in elk geval graad vang en werk in Engels’; ‘ons sal nog Afrikaans praat in die huis’; ‘dubbel- of parallelmedium sal Afrikaans se plek verseker’; ens., ens.

Indien jou moedertaal, jou huistaal, jou hartstaal, Afrikaans is en dit die taal is wat jy jou kinders leer, is jy direk verantwoordelik vir hul akademiese agterstand deur hul na ’n Engelse skool toe te stuur. Dit is al oor en oor bewys. Om hierdie stelling nog meer visueel en duidelik te beklemtoon, kyk gerus hieronder na ’n aanhaling uit die gesaghebbende studie deur Brock-Utne, Desai, Qorro en Pitman getiteld Language of Instruction in Tanzania and South Africa – Highlights from a Project. In dié deel van die studie wat aangehaal word, is skoolkinders in Suid-Afrika en Tanzanië getoets wat tans onderrig in Engels ontvang alhoewel dit nie hul moedertaal is nie. Die resultate is werklik skokkend en voorspel groot probleme vorentoe indien daar nie daadwerklik meer aandag gegee word aan die ontwikkeling van moedertaalonderrig nie.

Suid-Afrika

In Suid-Afrika is graad 4- en graad 7-leerlinge gevra om ’n storie te skryf, eers in Engels en dan in hul moedertaal, na aanleiding van ses prentjies wat aan hulle gewys is. Die stories wat hulle eers in Engels moes skryf, is ’n geradbraakte, onsamehangende sameflansing van woorde wat glad nie die kwaliteit en insig weerspieël van die stories wat geskryf is in hul moedertaal nie. Die gevolgtrekking wat die navorsers na aanleiding van hierdie eenvoudige studie maak, is insiggewend.

 

NP van Wyk Louw Moedertaalonderrig

Die ses prentjies wat aan leerders in Suid-Afrika en Tanzanië vertoon is.

 

Voorbeeld 1 – Graad 4-leerder wie se eerste taal Xhosa is

Vb1. Leerder se storie in Engels

Once upon a time

Long long ago

Ly Buter uteatsha fourboy late my father

I taket my tyesi

I goiu my father is goiu boeke

Look my boy

 

Vb1. Leerder se storie direk vertaal van Xhosa na Engels

There was a father (old man) who put his box down, conversing with his father. Then

a certain young man (brother) appeared and took that old man’s box and ran away. He

was chased by a child and the one blew a whistle, and the other one pointed at him. He

ran away with it and got into the car and drove very fast. The others opened the box

and a big snake. The other was shocked by the snake and his sunglasses fell down.

 

Voorbeeld 2 – Graad 7-leerder wie se eerste taal Xhosa is

Vb2. Leerder se storie in Engels

The farther they stil handle with great care new town zoo. And MR Alisingh they a stand and thinking. And this father they take this handle and MR Alisingh they talk and son. And this farther they take this handle and the go away. And this farther and this son they runing fust and security they see. And this farther and this son they go away and his car. They outside of this car they put down this handle and see this is a snake.

 

Vb2. Leerder se storie direk vertaal van Xhosa na Engels

There was an old man who was going with his friend. This old man looked like a thief. There was a man who had put his suitcases down, one behind and the other one next to him. This man was looking at a distance, thinking. The short friend of this thief deceived this man by talking to him, while the other one took the suitcase. He ran away and the other one also ran. Then this man shouted, calling them and they ran very fast. The security officer appeared – blowing a whistle. They ran to the car with this box while the owner of the box was pointing at them. They drove the car and put it next to the trees, and they got out of the car. They put it down and opened it, and a big snake appeared. The sunglasses fell off their eyes, and the hats were blown up. They thought that it was money.

 

Tanzanië

Dieselfde toets is in skole in Tanzanië herhaal. In Tanzanië word kinders in staatskole tot op graad 3-ouderdom in Kiswahili onderrig en dan van graad 4 (oftewel Vorm I) af in Engels. ’n Uittreksel uit die resultate wat daar verkry is, word hieronder gegee.

Voorbeeld 3 – Vorm I- (ekwivalent van graad 4 in SA) leerder wie se eerste taal Kiswahili is

Vb3. Leerder se storie in Engels

One day is not mather is going to market. Balind of thit man student. I am father is going to charch and children too. the market are the Box, Beg, fotball, is money. father is big than children. one day father is going to futball. cry when to shool.

 

Vb3. Leerder se storie direk vertaal van Kiswahili na Engels

One day a certain man went to the airport with his luggage. Then there appeared one boy who told the man: Look at that plane. But he was a thief and he took the man’s luggage. He  ran to the forest and opened the bag and he saw a snake in that bag. The man started looking for his bag. Then one boy appeared and told him get into my car and I shall take you to the boy who has taken your bag. He went where the boy who stole the bag was and he found him opening the bag and he showed the man his bag and the man found that it was already open. He did not ask him why he had opened his bag but asked him to look at what he had put in the bag. The man asked him why he stole his bag. He told the boy if you wanted the bag you should have told me to give you and not steal, what if you found a dog what would you have said? And he took him to the police to be jailed.

 

Voorbeeld 4 – Vorm IV- (ekwivalent van graad 7 in SA) leerder wie se eerste taal Kiswahili is

Vb4. Leerder se storie in Engels

One day they was a one man at the Air port whose name was Mr ALI SAKU. MR ALI SAKU was there in order to wait transport from there to the certain place where he want to go/travel. For a short time the thief was appear and then he can take Ali’s bag and run away with it. After run away up to away from MR ALI, thieves was open’s the bags. So as when they already open’s, the snake was get outside the bag and then it can affect him. So as let me saying that (thief) to get things without parmision is not good for us. When you want something try to communicate with your fellow in order to be helped with him/her.

 

Vb4. Leerder se storie direk vertaal van Kiswahili na Engels

One day there was a passenger at the airport who was waiting for transport to take him where he wanted to go. This man was known by the name Mr ALLY SAKU. After a short while at the airport, there appeared two people, a child and an old man. These people are predicted to be thieves. The child went straight away to Mr Saku to greet him meanwhile the old man succeeded in stealing the suitcase of Mr Saku. After stealing the suitcase they both ran away. A policeman tried his best to blow a whistle but they did not succeed in catching the thieves. After crossing the road, a bit far from the airport grounds, they then, started opening the suitcase so that they could share the things that were inside the suitcase. Suddenly when they opened, a huge snake appeared and attacked the old man. From this story, we are educated that we should not have the behaviour of stealing in all our life. Stealing is not good. You can loose your life because of stealing. Hence, we are supposed to work hard so that we live and not get involved in theft. Truly, stealing is dangerous in our life. This story warns people who are thieves to stop this behaviour, as it can lead them to serious consequences. As it is seen, the thieves who stole the basket and found a snake that could harm them.

 

Gevolgtrekking van die Suid-Afrika/Tanzanië-studie

Die algemene gevolgtrekking onder die navorsers was dat die leerders van beide lande by uitstek baie beter gedoen het met die toetse in hul moedertaal. Geen van die klasse, graad 4 of 7 kon vir die Engelse toets ’n gemiddeld van meer as 50% handhaaf nie. Alhoewel die toetse in Suid-Afrika slegs by een skool gedoen is, merk die navorsers op dat Zubeida Desai, wat die toetse uitgevoer het, reeds 30 jaar by skole-akademie betrokke is en in ’n voetnota word daar genoem dat sy in drie ander townshipskole dieselfde toetse herhaal het met dieselfde resultate. Die volgende aanhaling is werklik insiggewend: “Being forced to study through a language they command to such a limited extent must slow down their learning process considerably. If we are serious about the intellectual development of African learners, then we need to give greater currency to African languages.”

Namibië

Die situasie in Namibië lyk ongelukkig nie veel beter nie. Namibië het in 1990, na onafhanklikwording van Suid-Afrika, afstand gedoen van Afrikaans en Engels as nasionale taal aanvaar. Dit terwyl slegs 8% van die bevolking hulself as Engels eerstetaalsprekers klassifiseer. Engels is ook gevolglik as onderrigtaal by openbare skole ingevoer waar leerders van graad 4 af veronderstel is om uitsluitlik onderrig te ontvang in Engels. The Urban Trust of Nambia het in 2011 ’n navorsingsverslag uitgereik met die titel Language in schools in Namibia – The missing link in educational achievement?. In die verslag is daar spesifiek gekyk tot watter mate taal ’n rol speel in die swak akademiese prestasie van leerders. Slegs 4 uit 10 leerders (39%) wat in 2009 in die openbare skoolsisteem opgeneem word, sal tot by graad 12 vorder. Die verslag het bevind dat, ten spyte van ouers, onderwysers en staatsamptenare se voorkeur vir Engelse onderrig, die kinders dit egter baie verwarrend en ook frustrerend vind omrede hul eenvoudig nie die taal goed genoeg verstaan om akademies te vorder nie.

In haar gevolgtrekking skryf Priscilla Harris die volgende: “83% of learners prefer to use their home language for learning. Even higher proportions wish to address their teacher in their home language. They have these preferences not because they do not understand the importance of English for their future (they clearly do) but because they struggle to understand their teachers and find it difficult to express themselves in English.”

Ten spyte van aanbevelings dat die land hul taalbeleid moet hersien, het daar nog niks van gekom nie.

Die pad vorentoe

Op 21 Februarie 2016 is internasionale moedertaaldag gevier. Die United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation (UNESCO) is voortdurend besig met navorsing oor moedertaalonderrig. Uit hul nuutste verslag getiteld If you don’t understand, how can you learn? is dit duidelik dat kinders ten minste ses jaar se skoolopleiding in hul moedertaal moet ontvang om seker te maak dat daar nie ’n onoorkombare akademiese gaping ontstaan in verdere studies nie. In teenstelling hiermee is daar bevind dat meer as 40% van die wêreld se kinders tans onderrig ontvang in ’n taal wat hulle nie verstaan nie en dat die meerderheid van hierdie kinders woonagtig is in sub-Sahara Afrika en Asië.

Een van die lande wat tans besig is om ’n brawe nuwe koers in te slaan, is Tanzanië. The Citizen berig op 14 Februarie 2015 dat die land ’n nuwe onderwysbeleid aanvaar het wat skoolonderrig op primêre en sekondêre vlak nou sal verleng tot 11 jaar met Engels wat in totaliteit vervang sal word deur Kiswahili as enigste onderrigtaal. Die projek gaan natuurlik jare neem voor dit ten volle uitgevoer sal kan word, maar dis definitief verblydende nuus.

Die vraag wat nou bly krap, is eenvoudig, waarom sal Suid-Afrika en spesifiek ’n klomp ouers, akademici asook politici, hardnekkig aanhou om die oorweldigende data ten gunste van moedertaalonderrig te ignoreer en steeds Engels voor te staan. Die enigste moontlike antwoord hierop kan moontlik gevind word in dr. Francois Smith se artikel wat op 28 Junie 2016 op Netwerk24 verskyn het getiteld ‘Net Engels’ maak van ons slawe. Smith skryf dat kolonialisme en ‘sy kleinboet apartheid’ ’n fundamentele minderwaardigheid geskep het, wat ironies genoeg die onderdrukte aanmoedig om die onderdrukker se taal en kultuur aan te neem as die hoogste goed, ten koste van sy eie. Hy skryf onder meer: “Die gekoloniseerde is in so ’n mate verkneg dat hy net soos sy baas wil wees. Dit is wat Suid-Afrikaners laat glo dat Engels die enigste en hoogste goed is, hierdie volslae kolonisering van die bewussyn.”

Afrikaners en Afrikaanssprekendes in die algemeen, kan eenvoudig nie toelaat dat hul kinders se toekoms opgeoffer word as gevolg van die las wat sommige beleidmakers se verknegte denke dra nie. Die voorbeelde van generasies wat reeds ‘verlore’ is as gevolg hiervan, loop letterlik oral om ons rond. Deur sterk standpunt in te neem ten gunste van Afrikaanse moedertaalonderrig, beur ons die pad oop vorentoe sodat ander ook bevry kan word. Hierdie verantwoordelikheid begin by Afrikaanse ouers, en die keuses wat hulle vandag en môre maak, sal bepalend wees oor die feit of die volgende geslag verknegte, ‘dom’, onderdane van ’n totalitêre staat gaan wees of vry burgers wat hul taal met trots handhaaf. Die tyd om te kies is nou, maak die regte keuse!

The post Moedertaalonderrig: ’n Ononderhandelbare beginselsaak – Christoff van Wyk appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/moedertaalonderrig-n-ononderhandelbare-beginselsaak-christoff-van-wyk/feed/ 0 1527
Meer op die spel as net Afrikaanse skole https://npvanwyklouw.org.za/meer-op-die-spel-net-afrikaanse-skole/ https://npvanwyklouw.org.za/meer-op-die-spel-net-afrikaanse-skole/#comments Thu, 26 May 2016 11:03:46 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=1429 deur Christoff van Wyk Die geboorte van ons eerste kind was ’n gebeurtenis wat ek nooit sal kan vergeet nie. As sorgvrye jong getroudes, het ons skaars geweet wat om te verwag en was ons boonop amper te laat by die hospitaal. Skaars ’n uur na ons aankoms is sy gebore, ’n ware klein wonderwerkie. […]

The post Meer op die spel as net Afrikaanse skole appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
deur Christoff van Wyk

Die geboorte van ons eerste kind was ’n gebeurtenis wat ek nooit sal kan vergeet nie. As sorgvrye jong getroudes, het ons skaars geweet wat om te verwag en was ons boonop amper te laat by die hospitaal. Skaars ’n uur na ons aankoms is sy gebore, ’n ware klein wonderwerkie. Die verantwoordelikheid wat jy in daardie oomblik skielik soveel meer intens beleef as jy daardie bondeltjie vashou, is onbeskryflik. Dan volg die ure en ure se grootmaak en opoffering. Voed, bad, speel, leer, troos, opvoed, tug, liefhê tot jou hart wil breek en dan nog meer. Elke dag, oor en oor. En, stadigaan, sonder dat jy dit bewustelik besef, stap die tyd aan en word hulle groter en ouer en raak die keuses wat jy vir hulle moet maak al hoe meer gewigtig. Soos ons keuse oor in watter land om te bly. Engeland, waar ons kinders gebore is en ons almal burgerskap het, of om terug te keer Suid-Afrika toe. Ons besluit was om eerder terug te keer Suid-Afrika toe omdat ons graag ons kinders wou grootmaak met dieselfde waardes en geleenthede wat ons gehad. Hegte familiebande met oupas, oumas, niggies, neefs, ooms en tannies. Afrikaanse kerke, skole en universiteite. Ons kinders sou as Afrikaners, in Suid-Afrika grootword, want dit is ons plék. Daar is geen ander plek in die wêreld waar jy jou Afrikanerskap waarlik kan uitleef as in Suid-Afrika nie. Baie kan van my verskil, maar ek het eerstehands ervaar hoe vinnig jou Afrikanerskap verwater in ’n ander land. Eers  jou taal, dan jou kultuur, en binne ’n geslag of twee neem jy die nuwe land se identiteit totaal aan. Dit was nie vir ons aanvaarbaar nie.

Ons oudste is tans in graad R. Ons moes onlangs aansoek doen vir graad 1-plasing vir volgende jaar. Die laerskool waar ons vir haar aansoek gedoen het en waar sy tans ook reeds in graad R is, is ’n staatskool. ’n Staatskool wat nog enkelmedium Afrikaans is en onbeskaamd Christelik. Te midde van al die agterbakse politiekery van die LUR, Panyasa Lesufi met sy aanlyn registrasiestelsel, moes ons ook die naweek verneem van die Grondwetlike hof se uitspraak rakende skoolbeheerliggame se mag om toelatingsbeleid te bepaal.

In ’n neutedop het die Grondwetlike hof die Appèlhof se beslissing gehandhaaf wat beslis het dat die Gautengse onderwysdepartement die mag het om voedingsgebiede vir skole te bepaal, asook om leerlinge te plaas in sekere skole wat nie tot kapasiteit vol is nie, ongeag die beheerliggaam se toelatingsbeleid. Die Grondwetlike hof het dus nou nog ’n skans vir die staat uit die weg geruim om sodoende te verseker dat die staat totale beheer kry oor skole in Suid-Afrika. Die volgende skans wat bykans reeds plat is, is skole se taalbeleid. As ’n skool wat tans Afrikaans-enkelmedium is, nie vol genoeg is na die mening van die LUR nie, kan hy nou enige leerling wat nog nie geholpe is met ’n skool nie, daar plaas. As die leerling dan Engels is, gaan die skool heel waarskynlik gedwing word om die kind te akkommodeer deur dubbelmedium- of parallelmedium-onderrig te implementeer. Statistiek wys dat dit gemiddeld vyf jaar neem vandat ’n skool dubbel- of parallelmedium word, totdat dit volkome Engels is.

Indien daar nog twyfel is oor die LUR se motiewe met hierdie hofuitsprake kan daar eenvoudig gekyk word na sy Twitter-boodskap in 2015: “In a landmark case today, the Supreme Court of Appeal has instructed Afrikaans only schools to open up for all races! We won against racism.”

Die hof se uitspraak het nêrens iets genoem van Afrikaans nie, maar dis duidelik hoe Lesufi die uitspraak interpreteer en heel moontlik, teen wil en dank sal implementeer. Daar behoort dus geen twyfel meer te wees dat hy hierdie uitspraak en die mag wat dit hom gee, sal gebruik om enkelmedium Afrikaanse staatskole te teiken en te vernietig nie.  Indien dit die geval is, sal Afrikaanse enkelmedium staatskole onder soveel druk kom dat die meerderheid eenvoudig sal verengels of bloot toemaak.

Die mening is nou dat privaat Afrikaanse skole die weg vorentoe is en dit is definitief deel van die oplossing. Maar, die feit bly staan dat elke tree wat Afrikaanse mense en ook Afrikaners agteruit gee om die staat sy wil te gee, ’n tree nader is aan totale oorheersing. Wanneer dit eers gebeur, sal privaat skole ook nie meer ’n antwoord wees nie.

Wat staan my, en baie ouers soos ek, dus te doen? Dit is van kritieke belang dat jou begrondingsgedagte vanwaar daar aksie geneem word, reg moet wees. Ons moet duidelik besef dat ons ’n verantwoordelikheid het teenoor ons kinders. Hierdie verantwoordelikheid strek veel verder as net om te sorg dat my kind fisies na omgesien is. Plek, taal en kultuur is nie iets wat ek gekies het nie en ek glo dat hierdie elemente, wat alles meewerk daaraan om my identiteit te vorm, Godgegewe geskenke is. Daarom kom ek nie van niks af nie en is ek ook nie op pad na niks nie, maar lewe ek ook met ’n doel en ’n roeping wat spesifiek uitgeleef word binne my bepaalde gemeenskap. Hierdie sienswyse is vir my kosbaar en dit is iets wat ek aan my kinders wil oordra. Die enigste manier om dit te kan doen, is om die vryheid en ruimte te hê waarbinne hierdie waardes, nie net in die privaatheid van ons huise nie, maar ook in die publiek, uitgeleef kan word.

Lesufi en sy kaders glo nie hierin nie. Hy is deel van ’n staat wat glo in mag wat uit gemeenskappe se hand geneem moet word en gesentreer moet word in ’n sentrum wat ver bo die gewone gemeenskap verhewe is. Vanuit hierdie sentrum wil hy die stukke soos op ’n skaakbord skuif na sy goeddunke en indien hy weerstand kry, wek dit onmiddellik vrees vir magsverlies en moet hy dan meer mag inwin om die weerstand te verbreek en dit uit die weg te ruim. Die uiteindelike doel is om van bo af, uit hierdie sentrum, sy ideologie op die totale samelewing af te forseer. ’n Ideologie waarin die staat bepaal hoe sy onderdane behoort te lyk (ras), waar hulle moet bly (eiendomsreg) en skoolgaan, hoe hulle moet dink (indoktrinasie) en wat hulle mag doen (fisiese beheer). ’n Ideologie waar daar nie plek is vir veelheid of andersheid of teenstand nie.

Indien ons hierdie ideologie wil teenstaan, ter wille van ons en ons kinders se toekoms, is die enigste ware teenvoeter, sterk, gelowige gemeenskappe waaruit magtige tusseninstellings soos skole, kerke en ander burgerlike instellings kan groei en gevoed kan word. Daarom is ek betrokke en sal ek ook in die toekoms meer betrokke raak by my kinders se skool, die beheerliggaam, organisasies soos FEDSAS, die FAK, AfriForum, Solidariteit, die Kerk en nog vele meer. My hoop en vertroue is lankal nie meer in die staat om die regte ding te doen nie. In geloof en met vertroue plaas ek my hoop op God en leef ek met alles tot my beskikking, sonder vrees vir my en my kinders se toekoms, Sy plan uit.

The post Meer op die spel as net Afrikaanse skole appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/meer-op-die-spel-net-afrikaanse-skole/feed/ 1 1429
MEDIAVERKLARING: Lesufi wen, maar ons kinders verloor https://npvanwyklouw.org.za/mediaverklaring-lesufi-wen-maar-ons-kinders-verloor/ https://npvanwyklouw.org.za/mediaverklaring-lesufi-wen-maar-ons-kinders-verloor/#respond Tue, 24 May 2016 08:40:28 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=1424 Die Grondwetlike hof se onlangse uitspraak teen FEDSAS bevestig net weereens hoe dié hof getrou sy rol speel as die juridiese regverdiger en bevorderaar van die regerende party se ongenaakbare ideologie van rassetransformasie. Volgens Christoff van Wyk, bestuurder van die NP van Wyk Louw-sentrum vir gemeenskapstudies, is Panyasa Lesufi se drogredenasie dat die staat in […]

The post MEDIAVERKLARING: Lesufi wen, maar ons kinders verloor appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
Die Grondwetlike hof se onlangse uitspraak teen FEDSAS bevestig net weereens hoe dié hof getrou sy rol speel as die juridiese regverdiger en bevorderaar van die regerende party se ongenaakbare ideologie van rassetransformasie.

Volgens Christoff van Wyk, bestuurder van die NP van Wyk Louw-sentrum vir gemeenskapstudies, is Panyasa Lesufi se drogredenasie dat die staat in die beste posisie is om seker te maak dat kinders wat in armer dele woon toegang kry tot hulpbronne, niks anders nie as nog ’n poging om Afrikaanse enkelmedium-onderwys te laat sneuwel. “Lesufi en die regerende elite se politieke agenda is ’n hoër prioriteit as kinders se behoefte aan gehalte onderrig in hul gemeenskap. Lesufi se stryd is nie vir beter en toegankliker onderwys vir alle leerders nie, maar teen Afrikaans en haar sprekers. Sy verbete anti-Afrikaanse stryd is niks anders nie as sosiale ingenieurswese waar groot getalle kinders teen hul sin buite hul gemeenskap verskuif moet word om die regerende party se ideologie van rasse-transformasie te bevorder. Enige ideologie wat ras as ’n hefboom gebruik om die samelewing te transformeer, is moreel verkeerd en onverdedigbaar.”

Die Gautengse regering versaak reeds jare lank hul plig om genoeg skole in armer gebiede te bou. Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die NP van Wyk Louw-sentrum, steun die NP van Wyk Louw-sentrum die noodsaaklikheid dat kinders in arm gemeenskappe uitnemende onderwys in hul moedertaal moet ontvang. Langner  waarsku dat “met dié uitspraak word nog hekkies in die pad van kinders in arm gemeenskappe geplaas wat reeds talle struikelblokke moet oorkom. Die gedwonge plasing van kinders in skole buite hul gemeenskap beteken onder andere dat kinders in arm gemeenskappe ure sal moet reis met onbetroubare openbare vervoer. Boonop is daar potensiële aanpassingsprobleme wat nog groter druk op die kinders en skole gaan plaas. ’n Uitnemende skool in ’n arm gemeenskap hef die hele gemeenskap op. ’n Goeie skool skep ’n gevoel van eiewaarde, eienaarskap en trots in enige gemeenskap. Lesufi ontneem die geleentheid van arm gemeenskappe deur die gedwonge verskuiwing van hul  kinders. Lesufi se beleid hef nie op nie, maar versterk eerder die gevoel van minderwaardigheid en ontoereikendheid waarmee arm gemeenskappe dikwels sukkel.  Sy ooglopende agenda van rassetransformasie vervreem gemeenskappe van mekaar en maak die Gautengse Departement van onderwys ontoeganklik vir konstruktiewe gesprek. Lesufi  wen die hofuitspraak, maar kinders verloor.”

Die NP van Wyk Louw-sentrum voorsien dat die hofuitspraak gaan lei tot versnelde privatisering van Afrikaanse skole. Die hofuitspraak laat geen ander alternatief vir Afrikaanse ouers wat hul kinders gehalte onderrig in hul moedertaal wil bied as om privaat skole te stig nie. Die sentrum is van mening dat “die wen-wen oplossing eerder sou wees om as saak van dringende prioriteit doelmatige skole te bou, toegewyde onderwysers op te lei, lui onderwysers wat hul leerders deur swak onderrig benadeel summier af te dank en beskikbare kundigheid van afgetrede onderwysers solank in te span om die kinders in armer gemeenskappe te help. Die Afrikaanse gemeenskap sal voor in die ry staan om kinders in arm gemeenskappe te help.”

 

Ondersteun Afrikaans en Afrikaanse skole deur ‘n vriend te word van die FAK.

KLIEK HIER

1_min_aansluiting_FAK_icon

The post MEDIAVERKLARING: Lesufi wen, maar ons kinders verloor appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/mediaverklaring-lesufi-wen-maar-ons-kinders-verloor/feed/ 0 1424
Die ideologie van struggle en die studente-opstande https://npvanwyklouw.org.za/die-ideologie-van-struggle-en-die-studente-opstande/ https://npvanwyklouw.org.za/die-ideologie-van-struggle-en-die-studente-opstande/#respond Mon, 29 Feb 2016 20:12:27 +0000 http://agri-branding-concept.co.za/?p=375 deur Victor Coreia  Alweer apartheid se skuld In ’n onlangse artikel van die Economist word daar beweer dat apartheid nog te blameer is vir die opvoedkundige agterstand van die swart bevolking van Suid-Afrika. More than two decades after apartheid ended black South Africans are still worse off than whites. Mostly, this is because they are […]

The post Die ideologie van struggle en die studente-opstande appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
deur Victor Coreia 

feesmustfall-south-africa-xs


Alweer apartheid se skuld

In ’n onlangse artikel van die Economist word daar beweer dat apartheid nog te blameer is vir die opvoedkundige agterstand van die swart bevolking van Suid-Afrika.

More than two decades after apartheid ended black South Africans are still worse off than whites. Mostly, this is because they are less well educated, a result of apartheid’s legacy and the government’s failure to fix it. [1]

Daar word uitgegaan van ’n veronderstelling dat die meeste swart mense vandag slegter af is as wit mense en dat apartheid die hoofoorsaak hiervan is. Daar sit in die bogenoemde stelling ’n growwe veralgemening wat nie rekening hou met die swart elite wat in die afgelope 20 jaar geweldig vinnig ryk geword het teenoor die groeiende armoede onder arm blankes nie. Dit daar gelaat. Is dit werklik so eenvoudig om al die probleme wat jong swart studente vandag ervaar aan die gevolge van kolonialisme en apartheid toe te skryf? Ek meen dat dit ’n oorvereenvoudiging en ’n verkeerde diagnose van die probleem is. As dit werklik so is dat apartheid die skuld moet dra vir al die onderwysprobleme in Suid-Afrika, bevind ons onsself in ’n hopelose situasie omdat daar geen manier is waarop ons die verlede kan verander nie. Dat die huidige studente en pres. Zuma die hoofprobleem van Suid-Afrika beskou vanuit ’n vorige politiese bedeling wat al meer as 20 jaar terug tot ’n einde gekom het, moet ook vir ons ook ’n aanduiding gee van die soort oplossings wat vir die probleem gegee word.

“Indien apartheid die skuld moet dra vir al ons huidige probleme en ons nie die verlede kan verander nie, laat ons die wat gebaat het by apartheid bykom en alle simbole van apartheid verbrand.” Die voorgestelde oplossing wat die studente by die universiteit van Kaapstad gevolg het deur ’n skildery van Jan Smuts en ander wit mense te verbrand, is weereens ’n poging om skuld op ander te plaas. Waar daar gepoog word om alleenlik aan ander die skuld te gee in plaas daarvan dat daar ook eie skuld aanvaar word, het die gevolg dat daar nie verantwoordelikheid vir die verwerkliking van ’n eie toekoms geneem word nie. Die stryd om ’n beter verlede is werklik ’n struikelblok tot die verwerkliking van ’n beter toekoms. Die voorgestelde werkswyse is uiters problematies indien daar gestreef word na ’n meer volhoubare oplossing van die huidige rassespanning en opvoedkundige probleme in Suid-Afrika. Solank apartheid die skuld kry, word dieperliggende probleme onderliggend aan die krisis misgekyk.

Ideologiese krisis

Die eintlike krisis waarmee ons vandag te doen het, is ’n ideologiese krisis. Dit is wel nodig dat ons eers uitklaar wat ons met ideologie bedoel, voordat ons aandui wat die aard van die tersaaklike ideologiese krisis is. ’n Ideologie is volgens Goudswaard ’n omvattende sisteem van waardes en norme wat gebruik word om ’n allesomvattende doelwit in die samelewing te bereik. [2] Die middele wat gebruik word om die doel te gebruik, is minder belangrik as die doel self.

Nou kan daar gevra word, wat wil die studente bereik met hul opstande? Wat is die doelwit wat hulle wil bereik? Op die Facebook-blad van die Rhodes Must Fall-beweging word hulle doelwit soos volg gestel:

A student, staff and worker movement mobilising against institutional white supremacist capitalist patriarchy for the complete decolonization of UCT. [3]

Uit die bogenoemde doelwit kan daar nie regtig bepaal word wat die beweging wil bereik nie, maar wel wat hulle wil afbreek. Daar word gepleit vir die dekolonialisering van die universiteit, waarmee bedoel word dat alle simbole uit die kolonialistiese era verwyder moet word. Verder is witheid, manlikheid en kapitalisme alles struikelblokke wat uit die weg geruim moet word, voordat vooruitgang gemaak kan word. Ek vra myself steeds die vraag: Wat wil die groep bereik, nadat hulle dit regkry om die gestelde struikelblokke uit die weg te ruim?

Op die webblad van die Rhodes Must Fall-beweging word ’n meer omvattende beskrywing gegee: [4]

Rhodes Must Fall Movement is a collective movement of students and staff members mobilising for direct action against the reality of institutional racism at the University of Cape Town. Formed as a direct result of the Open Air dialogue that took place on Thursday 12th of March at the University of Cape Town. The chief focus of this movement is to create avenues for REAL transformation that students and staff alike have been calling for. Calls that the institution have thus far ignored or silenced. While this movement may have been sparked around the issue of the Rhodes Statue: the existence of the statue is only one aspect of the social injustice of UCT. The fall of ‘Rhodes’ is symbolic for the inevitable fall of white supremacy and privilege at our campus. UCT students, workers, academics and interested staff members refuse to be alienated in their own university. If the institution will not bring true transformation to us – we will bring it to them.

Email us at: info@rhodesmustfall.co.za

A luta continua

#RhodesMustFall

Melding word gemaak van verskeie sake waarteen die beweging hul uitspreek, naamlik institusionele rassisme, transformasie, sosiale onreg en vervreemding. Ook noem hulle dat die val van die Rhodes-standbeeld net die begin van die “onvermydelike ondergang van wit oorheersing” is. Nogtans is daar geen aanduiding waarvoor die beweging staan nie. Hul blyk ’n uitstekende voorbeeld van ’n antibeweging te wees. ’n Ideologie het altyd ’n vyand nodig en in die geval van dié beweging blyk die vyand die wit mans te wees wat aan die bestuur van die universiteit is. Sou die beweging egter eendag daarin slaag om die bestuur van die universiteit te suiwer van die huidige bose invloede, moet ons wel vra wat hulle poog om dan te doen?

Nimmereindigende struggle

Die antwoord blyk duidelik uit die Latynse aanhaling op hul webblad a luta continua wat beteken, die struggle sal aangaan. Dieselfde wat met Cecil John Rhodes se standbeeld gebeur het, mag ook gebeur as daar transformasie op die universiteit toegepas word om te dink dat dit die probleme gaan oplos. Waar die bestuur van die Universiteit van Kaapstad gedink het dat hulle die struggle gaan stop deur aan die beweging se eise te voldoen deur ontslae te raak van die Rhodes-standbeeld, het die teenoorgestelde plaasgevind. Die struggelaars moes gou ’n nuwe iets kry om teen te struggle. “Struggle sal ons struggle al het ons niks om teen te struggle nie, sal ons wel iets moet vind, want a luta continua is ons motto.” Die struggle moet immers aangaan.

So het dit ook gebeur. Die verwydering van die Rhodes-standbeeld het ’n nuwe vyand na vore geroep. Die kapitalisme was die volgende vyande waarteen gestruggle moes word in die vorm van die Fees Must Fall–beweging. Universiteitsfooie moet val! Hier kan ons nou weer struggle. Na die groot toegewing wat die Minister van Onderwys gemaak het, naamlik dat die fooie van 2016 nie sal styg nie, sou optimiste gehoop het dat die universiteite vir eers uitgelos sou word. Nee, ook die kompromie het die studente tot groter dade aangespoor. Dit was spoedig nie meer genoeg dat fooie moet val nie. Gratis onderwys was die nuwe eis en die debat het in 2016 reeds in dié rigting beweeg.[5]

Waar laat dit ons in 2016? Indien daar nog toegewing gemaak word, selfs die grootste denkbare toegewings soos dat ons in Suid-Afrika geen universiteitsfooie moet hef nie, gaan dit noodwendig beteken dat die struggle gaan ophou? Selfs indien daar aan die mees radikale eise van die huidige studentebeweging toegegee word, moet ons nie dink dat hulle met hul eise gaan ophou nie. Hoe groter die sukses wat hulle behaal, hoe groter die volgende waagstuk. Daarom behoort dit geen verrassing te wees dat die Fees Must Fall–veldtog na die skielike sukses baie vinnig hoër eise begin stel het nie.

Oor die wenslikheid van gratis universiteitsstudies is daar wel vrae wat gestel kan word. Is dit wenslik om alles in die lewe verniet te kry of sit daar nie ook meriete in om vir iets te werk nie? Gaan studente wat gratis kan studeer, die erns van hul studies besef? Op dié vrae kan ons nie nou verder ingaan nie, maar ek wil dit waag om te sê dat ons nie moet dink dat die studente gaan ophou om te struggle al sou gratis onderwys aan hulle geskenk word nie.

Die rede waarom dit gesê kan word, is omdat die struggle-ideologie diep in Suid-Afrika se politici en jong geslag ingegraveer is. Dit kom voor asof die jong geslag daarna streef om te struggle soos hul voorgangers, wat nou aan die stuur van die ANC sit. Struggle word ’n doel opsigself. Struggle word dan ’n ideologie wat ’n mens blind maak om die werklikheid te sien soos dit werklik is. Die struggle-ideologie maak jong studente daarvoor blind dat ’n mens hard moet werk om ’n graad te kry, ’n werk te kry en daarna lewenslank daarmee moet aanhou. Lees ’n mens van die ontstaansgeskiedenis van ’n universiteit soos die PU vir CHO, kom ’n mens tot die besef dat die universiteit deur roepingsbewuste mense opgerig is. Dieselfde kan vir baie ander universiteite gesê word. Dit is tragies dat instellings wat deur jare se harde werk opgebou is, juis nou vyandig word teenoor die gemeenskappe wat verantwoordelik was vir hul oprigting.

Opbou-mentaliteit

Die Afrikaanse gemeenskap het goeie rede gehad om na die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog in ’n struggle–mentaliteit te verval. Tog het die gemeenskap te werk gegaan om iets aan hul toestand te doen. Skole en universiteite is met groot opofferings gebou, kerkgeboue is met geld van koeksisters betaal, besighede wat die belange van die Afrikaanse gemeenskap gedien het, het ontstaan. Dit is alles moontlik omdat verantwoordelikheid vir hul eie omstandighede aanvaar is. Die swaarkry wat hul getref het, is nie net op die rekening van die Engelse geplaas nie, maar hul geloof in God het dit vir die Afrikaners moontlik gemaak om in te sien dat selfs die onderdrukking van die Engelse deur God beskik is met ’n bepaalde doel. Die Engelse word vandag nog onthou vir dit wat aan die boere gedoen is, maar daar het vergifnis plaasgevind. Die Afrikaanse gemeenskap het vorentoe beweeg en verantwoordelikheid vir sy eie lot aanvaar. Dalk kan die struggle-studente iets leer van die wyse waarop die Afrikaanse gemeenskap te werk gegaan het om na hul struggle teen die Britse moondheid hul gewere neer te lê en hul grawe op te tel? Ora et labora was hul leuse. Dit beteken: Bid en werk. Na hul struggle het hulle begin werk om te bou wat afgebreek is en om te bou aan ’n beter toekoms. Dit is baie moeiliker om te bou as om te breek. Die tragiek van die gebeure wat vandag plaasvind, is dat eeu oue instellings wat deur harde werk gebou is, dreig om in ’n baie korter tyd afgebreek te word.

Die stryd TEEN Afrikaans

Die onlangse botsing tussen die EFF en Afrikaanse studente op TUKS dui op twee verskillende lewensvisies wat lynreg met mekaar bots. [6] Die Afrikaanse studente wil net in hul eie taal studeer en wil graag hul eie taal beskerm teen diegene wat meen dat hul dit nie mag doen nie. Vir die EFF is hul stryd teen Afrikaans weer kenmerkend van ’n antigesindheid. Afrikaans was eens op ’n tyd met die onderdrukking van apartheid vereenselwig en nou moet alle verwysings na Afrikaans ook op kampus verwyder word. Die een groep studente wil werk en daardeur iets in die lewe bereik, terwyl die ander groep hulle wil verhoed om dit te doen.

Die EFF moet ook so radikaal as moontlik probeer optree om daardeur politieke steun van die radikale ANC jeug te steel. Daar is hoofsaaklik politieke motiewe wat hulle aanvuur. Dat die Universiteit van Pretoria nou aan die protesbeweging se eise gehoor wil gee, voorspel niks goed vir die toekoms van Afrikaans op TUKS nie. Indien Afrikaans op TUKS met die jare verdwyn, moet ons nie verbaas wees as daar nuwe vyande gevind word om teen te struggle nie. Daarom is dit belangrik dat daar nie net toegegee word in die stryd nie. Sou dit wel gedoen word, sou die volgende struggle-vyand spoedig verskyn.

In dieselfde asem is dit tragies dat die NWU die standbeeld van Totius so diplomaties verwyder het. [7] Toe ’n groep PUK-studente ’n kring om die Totius-standbeeld gemaak het om dit te beskerm teen moontlik vandale het dit ’n boodskap van hoop vir ander uitgestuur. Die Afrikaanse studente op die PUK het opgestaan, maar toe neem die bestuur die Afrikaanse studente se baken van hoop weg.  Sou dit die probleme op die NWU oplos? Nee, ook hier sal daar ’n volgende struggle-vyand gevind moet word. As die Totius-standbeeld so maklik kon val, hoekom moet daar nou met die struggle opgehou word? Die verwydering van die Totius-standbeeld word beskou as ’n oorwinning vir die struggelaars. Gou sal hulle weer op die toneel verskyn met nog meer radikale eise.

Weg vorentoe?

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat ’n kompromie nie die gewenste resultate gaan oplewer nie.   Cecil John Rhodes, Totius en Afrikaans is net simbole van dieperliggende rassespanning wat toeneem in Suid-Afrika. Die Afrikaanse gemeenskap sal sy stem oor die saak moet dik maak, sonder dat jong studente slagoffers word van kampusgeweld.

Waarheen ons moet streef, is om ’n omgewing te skep waarin Afrikaanse studente in vrede kan leer om hulself voor te berei vir hul lewensroeping. Al sou Afrikaans op kampus afgeskaf word, gaan Afrikaanse studente waarskynlik nog teikens bly van politieke geweld. Die stryd is nie teen Afrikaanse studente nie, anders sou daar mos geen rede vir opstand by universiteite wees wat reeds Engels is nie.

Dit laat die Afrikaanse gemeenskap met die plig om alternatiewe sentrums vir die toekoms te skep waar Afrikaanse studente in vrede kan studeer. Daar moet ruimte gemaak word vir studente wat graag wil studeer en eendag graag wil werk om dit te kan doen. Die studente wat wil struggle sal aanhou struggle, maar dit is nie te sê dat studente wat wil studeer altyd die geleentheid hiervoor sal hê nie. Die Afrikaanse gemeenskap het die verantwoordelikheid om seker te maak dat daar vir die huidige studente en die volgende geslag wel die geleentheid sal wees om in Afrikaans te kan studeer.

Kom ons bewaar wat gebou is, en bou wat gebreek word

My raad aan die Afrikaanse studente sou wees om aan te hou met studeer te midde van die moeilike omstandighede. Gaan sê jou sê oor Afrikaans op kampus, maar bly steeds hard werk aan jou studie. Bly by ora et labora. Dit is jou slagspreuk en was ook die slagspreuk waarmee die universiteite waarby jy tans studeer, gebou is. Wie weet, dalk is dit ook die slagspreuk waarop nog Afrikaanse universiteite in die toekoms gebou gaan word?

Die man wat ’n huis afbreek weet nie hoe om die huis weer te bou nie, maar die man wat die huis gebou het, kan ’n puinhoop weer opbou. Kom ons bewaar dit wat deur die voorgeslagte gebou is. Kom ons bou weer iets op dit wat afgebreek word, wat die volgende geslag kan bewaar. A luta continua, ja die struggle sal aangaan, maar hierteen stel onsora et labora. Ons sal bid en werk en bou.

[1]  http://www.economist.com/news/middle-east-and-africa/21693278-students-are-throwing-colonial-art-pyre-whiteness-burning

[2] Goudswaard, B., Van der Vennen, M. & Van Heemst, D.  2007.  Hope in troubled times: A new vision for confronting global crises. Grand Rapids: Baker Academic.

[3]  https://www.facebook.com/RhodesMustFall/info?tab=page_info

[4]  http://rhodesmustfall.co.za

[5]  http://mg.co.za/article/2015-10-28-free-university-education-is-not-the-route-to-social-justice

[5]  http://www.news24.com/MyNews24/can-south-africa-afford-free-education-20160122

[6]  http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/studente-moet-hulself-kan-beskerm-se-afriforum/

[7]  http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/totius-beeld-van-puk-kampus-verwyder/

The post Die ideologie van struggle en die studente-opstande appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/die-ideologie-van-struggle-en-die-studente-opstande/feed/ 0 375
Dís waaroor dit gaan, Prof https://npvanwyklouw.org.za/dis-waaroor-dit-gaan-prof/ https://npvanwyklouw.org.za/dis-waaroor-dit-gaan-prof/#respond Tue, 09 Feb 2016 21:36:30 +0000 http://agri-branding-concept.co.za/?p=393 deur Breyten Breytenbach  My antwoord op die skrywe van prof. Lis Lange, viserektor, wat, dapper, in die bres getree het vir prof. Jonathan Jansen, rektor, na aanleiding van ’n opmerking wat ek in die verbygaan gemaak het oor die titel van prof. Jansen se boek, Kennis in die Bloed, tydens my voorlegging aan die Konvokasie […]

The post Dís waaroor dit gaan, Prof appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
deur Breyten Breytenbach 

pid_17301-copy2


My antwoord op die skrywe van prof. Lis Lange, viserektor, wat, dapper, in die bres getree het vir prof. Jonathan Jansen, rektor, na aanleiding van ’n opmerking wat ek in die verbygaan gemaak het oor die titel van prof. Jansen se boek, Kennis in die Bloed, tydens my voorlegging aan die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch, is in Engels. Ek het die indruk dat sy vir my in Engels geskryf het en dat die brief toe vertaal is, en verkies om kortpad te vat in my antwoord. Ek is nie seker of sy Afrikaans magtig is nie. Die ernstiger saak wat aangeroer behoort te word en wel oor taalruimte gaan, is die taalbeleid waarvoor die Universiteit van die Vrystaat gestel gaan word soos voor ’n fait accompli. Dis miskien nog nie nou duidelik nie, maar deur Afrikaans onder die mat te vee gaan prof. Jansen en sy taakspan hulle eie menslikheid vermink. Dit getuig van ’n kortsigtigheid en lafhartigheid wat hulle sal moet saamdra as toonaangewend van hulle openbare loopbane

(Proferssor Lange se brief op Litnet)

Dear Professor Lange,

Thank you for taking up the cudgels for Professor Jansen. (I believe your letter was translated – with a slip or two. For instance, mens vel ’n oordeel, nie fel nie, even though the verdict may be fierce at times. Would it not be easier if we were to trade the skin of our interaction in English?)

Before touching on the cause of your concern, I would like to query your description of my thinking as eng (it must have been something like “narrow minded” or “restricted” in the original).

Bit of a shortcut? I would have thought that, with age, it is clear that I lean over backward – perhaps to make up for the stoop brought about by looking for the way – in an attempt to accommodate the complexity of positions and convictions encountered here. The words that come to mind, I admit, are rather “blustering” and “blathering”, sorry to say. But surely, it is not because we may disagree in our assessments of what we see around us that my thinking has shrunk? Still, who knows? Perhaps the eng road is the obligatory passage to becoming amply Engels?

It may be slightly displeasing to know that my passing reference to Professor Jansen’s book, Knowledge in the Blood. Confronting Race and the Apartheid Past, was not in any sense the subject or the focus of my submission to the Convocation of Stellenbosch University. The theme I tried to speak to was the nature of the space, ideally one of dialogue, in which conversations about languages at tertiary institutions of education takes place.

The passage in question suggested that the regrettable Nazi-like uttering of the vice-chancellor of your university (as inferred in the title of his book) carries the assertion that racism is in the blood of the whitish Afrikaner. I asked, rhetorically, whether this could be the case. For are we then not alluding to an “impure race”? Why not deduct that the cockroaches ought to have yellow stars pinned to their safari jackets to facilitate identification? And I concluded my little aside by saying that to be racist in any form or expression does not mean that one is exercising one’s freedom of speech: racism is not an opinion but a crime.

You’ll agree with me, Ms Lange, that the references resonate with unbearable historical events where segments of mankind driven by mad ideologies always positing the elimination of the Other showed the worst we as a species are capable of. To stigmatise people, to essentialise them as a group is to initiate a perception that would deligitimatise their existence.

To ascribe to them generalised characteristics and attitudes – even if you wrap your approach in an academic cloak by suggesting that this “troubled knowledge” afflicting white Afrikaner youth, the ostensible subject of the professor’s study, is transmitted through … “the family, the church, cultural associations and the peer group” – must, as logical conclusion and inevitable inference, become the populist discourse of exclusion that we risk again in this country. (In Rwanda the Tutsis were called “cockroaches” by those in power in order to prepare the conditions for an ethnic cleansing. And we should react with indignation to what is being done to the Kurdish people in Turkey and to the Palestinian people occupied in the Bantustans imposed by Israel. Because we know. We’ve been there.)

I am NOT saying this is what Professor Jansen propounds. But the axiomatic assumption suggested by “knowledge in the blood” (and note that there was no question mark) reeks to me of the implication that there is a category of the ‘born guilty’ that needs to be studied and understood and converted because they carry in the blood, genetically therefore, the taint of racism.

It is, of course, the same blood that Professor Jansen and I have coursing in our veins and that we share with mankind – if you’ll allow this whitish pot to call a similarly whitish kettle black …

It would seem that the extra mile of diversity and thus allowing students to develop to the fullness of their possibilities, is about to be sacrificed as an ersatz solution to much more serious systemic inequality.

Given the level of wilful intolerance in this country – now presented as “pragmatism” and “making up for past injustices” – against the backdrop of a cadredom of robbers who have stolen power in the name of a people’s struggle for justice and dignity, and this in an environment where there’s neither political probity nor ethical guidance, I think the title of Professor Jansen’s book and the discourse of exclusion purveyed by it, is an opportunistic but poisonous brown herring drawn over inflammable ground.

It should be reasonable to expect of a person with academic and pedagogical responsibilities and reknown not to inflame a situation already fraught with the generalised ressentiment of a generation left in the lurch by rapacious “leaders”.

Let us be clear – even if expressed in Globish: I abhor Apartheid and the evil wreaked by it – the killing, the torture, the mass removal of people, the humiliation and the indignity, but also the relativist morality and the stunted imagination and the racism it engendered. Yes, we are still living with the consequences.

But equally fiercely I’ll oppose and fight with all the cultural means at my disposal (including language) this reactionary Majoritarianism which is the continuation of the spirit and even the realities of Apartheid by other means – this politically correct smarminess that comes with the notion that salvation, nation building, progress, anticolonialism, the regaining of agency, progress … are posited on the elimination of the Other.

We just cannot deny the hybrid nature of our history and present reality. We will have to practise the complicated and never-ending dialectic between the specifities of diversity and the encompassing values that make a true mending of our wounds possible. We are obliged to bring to life the political, economic, social and cultural art of saam-mekaar-andersmaak.

Of more immediate concern are the decisions apparently about to be made – or already made – about language policy at your university. It would seem that the extra mile of diversity and thus allowing students to develop to the fullness of their possibilities, is about to be sacrificed as an ersatz solution to much more serious systemic inequality.

This “pea-under-the-cup” situation, I submit in all sincerity, is what the Vice-Chancellor ought to be applying the broadness of his mind and the amplitude of his proven empathy to.

But the dice are rolled, are they not? The good professor, in his essentialist view of “the Afrikaner”, seems to be of the opinion that people who support the retention of Afrikaans as a language of tertiary education will not be motivated by the constitutional principle of language rights but, in reality, by the defence of “race” and “culture”, “racialised claims of supremacy”, “ethnicised claims for protection” and “keeping blacks out of white schools”. Other than being gobsmacked by the derivations of this knowledge in the blood, I’d like to suggest to the professor that this must be a textbook case of serving unadulterated male bovine manure on the platter of political expediency.

Today I heard the news that Algeria – another example of how a “national liberation movement” fired by once-noble idealism and a quest for justice attempted to centralise a diverse country by doing away with doubt and opposition and questioning, only to plunge their people in a bloody civil war – has decreed that Berber will henceforth have the same rights and recognition as Arabic. One presumes that this includes the right for Berber to be taught and used as a means of communication, even in the universities!

Now why would South Africa decide to go the opposite, reactionary, outdated, self-negating way of trying to impose the hegemony of the imperial tongue? As if that would somehow hide the real problems that we avoid facing at our peril!

Sincerely

Breyten Breytenbach

The post Dís waaroor dit gaan, Prof appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/dis-waaroor-dit-gaan-prof/feed/ 0 393
‘Foute in UV se hersiene taalbeleid’ https://npvanwyklouw.org.za/dekolonisering/ https://npvanwyklouw.org.za/dekolonisering/#respond Mon, 01 Feb 2016 22:47:38 +0000 http://agri-branding-concept.co.za/?p=403 deur Prof Hennie van Coller   Op 6 Junie (2015) se UV-raadsvergadering gee die raad ’n mandaat dat die taalbeleid van die universiteit hersien moet word. ’n Komitee (die talekomitee van die uitvoerende komitee) word saamgestel. Die name van die lede van dié komitee word nooit bekend gemaak nie en is selfs nou nog nooit […]

The post ‘Foute in UV se hersiene taalbeleid’ appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
deur Prof Hennie van Coller

800px-Main_Building,_University_of_the_Orange_Free_State,_Bloemfontein,_South-Africa_-xs1

 


Op 6 Junie (2015) se UV-raadsvergadering gee die raad ’n mandaat dat die taalbeleid van die universiteit hersien moet word. ’n Komitee (die talekomitee van die uitvoerende komitee) word saamgestel. Die name van die lede van dié komitee word nooit bekend gemaak nie en is selfs nou nog nooit in die openbare pers genoem nie.

Die kernkomitee het bestaan uit 11 lede van wie die meerderheid hulle reeds vooraf in die openbaar en boonop herhaaldelik ten gunste van Engels as die enigste (nagraadse) onderrigtaal uitgespreek het en dikwels (soos in die geval van die voorsitter, me. Dionne­ van Reenen, en dr. Munene Mwanike) ook fel anti-Afrikaans was. Prof. Angelique van Niekerk (departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans) en dr. Johann Rousseau (filosofie) sou waarskynlik die enigstes wees wat beskou sou kon word as onomwonde pro-Afrikaans of beter gestel: pro-meertaligheid. Dié genoemde twee persone was ook later verantwoordelik vir wat dikwels (verkeerdelik) bekend gestaan het as die “minderheidsverslag”. Van Reenen (van die instituut vir versoening en maatskaplike geregtigheid) het ’n magistergraad in filosofie, geen bewese kundigheid wat betref taalpolitiek en -beplanning nie, is Engelssprekend en uitgesproke ten gunste van Engels as onderrigtaal. Vermoedelik is dit weens ontevredenheid oor haar bekwaamheid dat dr. Liz Lange (vise-rektor en voorsitter van die advieskomitee) al hoe meer vergaderings begin bywoon het en feitlik die voorsitterskap oorgeneem het.

Die uitgebreide (advies-)komitee (met sy “ex officio members”) is saamgestel uit lede van verskeie fakulteite en belangegroepe (soos die vakbonde), maar hulle het nie stemreg gehad nie. Opvallend was dat verskeie van die fakulteitsverteenwoordigers relatiewe juniors was. Ook dié lede se voorkeur was van meet af aan Engels, met die Engels-eentalige Lange as dryfkrag.

Probleme met proses

Die omvattende proses vir die inwin van opinies en data het ook probleme opgelewer. Aanvanklik is gesê dat daar voldoende tyd vir besprekings sou wees; tog is die proses uiteindelik verhaas met duidelike keertye. Kwalitatiewe onderhoude wat in die vooruitsig gestel is, het ook nooit plaasgevind nie. Daar is telkens aan die komiteelede gesê wye ontevredenheid bestaan onder studente oor die parallelmediumonderrig-beleid, maar ván die feite (dat tutoriale en praktika hoofsaaklik in Afrikaans aangebied is) was foutief. Belangrik was egter dat die uitslae van die meningsopnames (onder leiding van die onafhanklike verkiesingskomitee) nooit aan komiteelede beskikbaar gestel is nie.

Lede van die talekomitee 

  •  Me. Dionne van Reenen (voorsitter, verbonde aan die Instituut vir Versoening   en Sosiale Geregtigheid)
  • Prof. Loyiso Jita (fakulteit opvoedkunde)
  •  Dr. Munene Mwaniki (departement linguistiek en taalpraktyk)
  •   Dr. Johann Rossouw (departement filosofie). Bedank uit protes.
  •  Prof. Angelique van Niekerk (departement Afrikaans en Nederlands, Duits en    Frans). Bedank uit protes.
  • Dr. Kudzayi Ngara (departement Engels, Qwaqwa-kampus)
  • Mnr. Francois Marais (Suid-kampus en sentrum vir onderrig en leer (CTL))
  • Prof. Arlys van Wyk (CTL)
  • Dr. Elias Malete (departement van Afrikatale)
  • Me. Mosa Leteane (Studenteraad)
  • Me. Cornelia Faasen (Studente­sake)

Op 29 Oktober verneem die komitee dat ’n voorlopige verslag geskryf moet word. Wat bekend staan as die “minority report” was ’n opdrag (in ’n laat stadium) aan Van Niekerk en Rossouw om ’n verslag te skryf oor Afrikaans as inheemse taal, maar ook oor sy sogenaamde “rassistiese” verlede. Op 12 November word ’n vergadering gehou om ’n konsensus-besluit te formuleer. Die verslag van Van Niekerk en Rossouw het nie deel uitgemaak van die uiteindelike verslag nie omdat dit volgens Lange bedoel was as ’n voorlegging aan die komitee met ’n duidelike fokus en uiteindelik ’n persoonlike taalsiening geraak het.

Vir die raadsvergadering op 4 Desember het prof. Jonathan Jansen as voorsitter van die UV se bestuurskomitee ’n lywige stuk aan die raad voorgelê met die versoek dat die raad die belangrikste aanbevelings van die talekomitee moet bespreek, die besluite van die uitvoerende komitee van die senaat moet oorweeg, die senaat se mening moet oorweeg, die belangrikste aanbevelings van die bestuurskomitee moet aanvaar (dit is die gewysigde verslag van die talekomitee) én die UV die reg moet verleen om die aanbevelings te vervat in ’n nuwe taalbeleid wat in 2016 aan die raad en die uitvoerende komitee van die raad voorgelê sal word. Dié proses sal dus in 2016 voltooi word. Hoe die komitee gaan lyk aan wie die opdrag gegee gaan word, is nog onseker omdat twee lede van die talekomitee, Van Niekerk en Rossouw, uit protes bedank het.

Slegs riglyne

Die aanbevelings van die UV-raad dra nie die status van ’n taalbeleid nie. Hulle gee slegs die riglyne waaraan die nuwe taalbeleid moet voldoen.

  • Engels moet die “primêre ­medium van onderrig” wees.
  • Veeltaligheid word beklemtoon.
  • Op eerstejaarsvlak moet ’n ondersteunende tutoriaalstelsel ingestel word om die oorgang na (net) Engels te vergemaklik.
  • Die Engelse voertaalbeleid moet met buigsaamheid ingestel word.
  • Parallelmedium-onderrig sal voortgaan “gegewe die duidelik gedefinieerde Afrikaanse markte”.
  • Demografiese verskuiwings maak die voortsetting van die huidige ­parallelmedium-stelsel onhoudbaar.
  • Altesame 20% van die gesamentlike aantal studente verkies Afrikaans as onderrigtaal en van hulle is 95% op die Bloemfontein-kampus.
  • Uit al die stukke blyk dit dat afsonderlike klasse ’n doodsonde is.

Lede van uitgebreide (advies-)komitee

  • Dr. Liz Lange (rektoraat)
  • Dr. Lynette van der Merwe (gesondheidswetenskappe)
  •  Dr. Nathaniel Mofolo (gesondheidswetenskappe)
  •  Dr. Boitumelo Moreeng (fakulteit opvoedkunde)
  • Dr. Juliet Ramohai (fakulteit opvoedkunde)
  •  Prof. Bradley Smith (fakulteit regte)
  •  Dr. Brand Claassen (fakulteit regte)
  • Prof. Pieter Duvenhage (fakulteit geesteswetenskappe)
  •  Me. Susan Lombaard (fakulteit geesteswetenskappe, Gebaretaal)
  •  Me. Philippa Tuubweinee (fakulteit natuur- en landbouwetenskappe)
  •  Dr. Dirkie Strydom (fakulteit natuur- en landbouwetenskappe)
  •  Dr. Petrus Nel (fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe)
  •  Prof. Johan van Zyl (fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe)
  •  Me. Marlene Oosthuizen (fakulteit teologie)
  • Prof. Pieter Verster (fakulteit teologie)
  • Me. Anita Lombaard (UVPersu)
  •   Mnr. Thabang Sepeame (Nehawu)
  • Dr. Thierry Luescher (ondersteuningsdienste)
  •  Dr. Elsa Crause (Qwaqwa-kampus)
  • Studenteraadslede (een van elke kampus, verandering in Sept. 2015)

Die besluite van die raad getuig van groot sinisme en ongevoeligheid: Afrikaans mag steeds onderrig word as dit geld vir die UV inbring – soos in landbou en opvoedkunde. Waar is die beginsels dan? Die taal moet glo ’n menslike dood sterf. Die aanbevelings wat deur die raad goedgekeur is, is ook met tye gewoon absurd (soos kamtige steun aan Afrikaanse akademiese tydskrifte), juis omdat dit onbekookte, strategiese opmerkings is ter wille van goeie gesindheid.

Een absurditeit is die aanbeveling dat die nuwe taalbeleid Afrikaans – wat die beleid wil nek omdraai – as akademiese taal behoort te ondersteun deur steun aan Afrikaanstalige akademiese tydskrifte.

’n Mens kan aanvaar dat die huidige talekomitee die taak gaan kry om die nuwe taalbeleid op te stel; ’n ander besluit sou neerkom op ’n mosie van wantroue.

Dit is daarom gebiedend noodsaaklik dat die nuwe komitee se name in die openbaar bekend gemaak moet word.

Indien die UV uiteindelik ’n aanvaarbare taalbeleid wil skep, behoort die talekomitee opnuut saamgestel te word met kundige mense en behoort gestrewe te word na die (skyn) van onpartydige wetenskaplikheid.

In die inwerkingstellling van die nuwe taalbeleid sal omsigtig gekyk moet word na benadeelde groepe:

Studente wat hulle in 2016 inskryf vir parallelmedium-onderrig en geen ondersteuning deur tutoriale ontvang nie, maar in 2017 dan slegs in Engels onderrig gaan word.

Huidige studente wat hulle ingeskryf het aan die UV vir enige kursus met die verwagting (kontraktueel bevestig) dat hulle hul studie in Afrikaans kon voltooi.

Selfs moontlik studente wat hulle reeds daadwerklik begin voorberei het vir studie in Afrikaans in 2017.

Verskeie probleme

Die hele proses om ’n nuwe taalbeleid op te stel, gaan mank aan verskeie probleme:

  • 29 (2) van die Grondwet bepaal “everyone has the right to receive education in the official language or languages of their choice in public educational institutions where that education is reasonable practicable”. Uit alle gegewens (én die status quo) is dit duidelik dat dit wel “redelikerwys doenlik is” in terme van die Afrikaanse teks van die Grondwet. Die raad van ’n universiteit is onderworpe aan die Grondwet. Waar die vorige taalbeleid van 2003 die gees van die Grondwet onderskryf, doen die jongste raadsbesluite dit nie. Pierre de Vos se mening in dié verband is reeds deur prof. Koos Malan bestempel as in wese onbenullig;
  • Van meet af aan was die proses emosioneel en ideologies eerder as wetenskaplik. Dit blyk uit vae aannames, stereotiperende en ongetoetse bewerings soos reeds aangedui;
  • Die lede van die kern- en breër komitee is nie aangestel vanweë bewese kundigheid op die terrein van taalbeplanning, taalpolitiek, ensovoorts nie;
  • Op die raadsvergadering van 26 Junie 2015 is genotuleer dat die lidmaatskap van die talekomitee “gebalanseerd en verteenwoordigend” moes wees. Die komitee het in der waarheid bestaan uit ’n meerderheid van mense wat ’n duidelike voorkeur gehad het vir Engels en die voorsitter het telkens blyke gegee van bevooroordeelheid;
  • Kwalitatiewe onderhoude het nooit plaasgevind nie en geen ernstige aandag is gegee aan moontlike alternatiewe taalmodelle (soos dié van Van Niekerk en Rossouw) nie;
  • Die verouderde verslag van die Hoër Onderwys se Kwaliteitskontrole(oudit)paneel (HEQC – Higher Education Quality Control) wat reeds eenogig krities was, word in die verslag klakkeloos aanvaar as grondslag waarop verskeie aannames gegrond word;

Sekretariaat 

–          Me. Lacea Loader (departement van kommunikasie en identiteitsbestuur (Brand Management)

–          Me. Susan Esterhuizen (Vergaderingsadministrasie)

–          Me. Elize Gouws (Sekretaris)

  • Die historiese verlede van die UV word op eensydige wyse vertolk en nie beskou as ’n reaksie op ’n aggressiewe­ angliseringsbeleid nie;
  • Daar is geen blyke van waardering vir die wyse waarop ’n taal- en spraakgemeenskap ’n taal se hoër funksies uitgebou het juis in ’n tydperk­ waarin Afrikaanssprekendes nie oor politieke mag beskik het nie;
  • Afrikaanse onderrig word voortdurend as minderwaardig bestempel sonder verrekening daarvan dat verskeie persone wat in Afrikaans opgelei is, internasionaal gepresteer het;
  • Meertaligheid word op plakkaatagtige wyse aangeprys, maar daar is geen moeite gedoen om op kreatiewe wyse na vore te kom met vernuwende modelle nie;
  • Die ernstigste leemte is egter die kernuitgangspunt dat Afrikaans (eintlik op enige vlak behalwe as sosiale omgangsmiddel) ’n verenigde Suid-Afrika strem en dat enige persoon wat sterk oor Afrikaans voel, basies rassisties is.

Gevoer tot sy logiese konsekwensies, impliseer hierdie UV-taalbeleid – en veral die onderliggende denke – dat Suid-Afrika soos die VSA behoort te wees.

Mense kan gerus vleisbraai en bid in die tale van hul voorkeur, maar mag op generlei wyse aandring op enige ander regte vir hul tale nie.

Dit sluit duidelik die onderwys in.

*Van Coller is ’n voormalige hoof van die UV se departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans en oudvoorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy het dié lesing gelewer op ’n byeenkoms oor “Die universiteit vandag” onder beskerming van die N.P. van Wyk Louw-sentrum van die FAK by Fort Schanskop, Pretoria. Die byeenkoms handel oor Afrikaans in die Hoër Onderwys.

The post ‘Foute in UV se hersiene taalbeleid’ appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/dekolonisering/feed/ 0 403
Reaksie op minister Motshekga se aankondiging dat geskiedenis tot gr. 12 verpligtend gemaak kan/gaan word https://npvanwyklouw.org.za/reaksie-op-minister/ https://npvanwyklouw.org.za/reaksie-op-minister/#respond Thu, 21 May 2015 13:09:17 +0000 http://www.standpunte.co.za/?p=750 deur Prof. Fransjohan Pretorius  Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het aangekondig dat ‘n taakspan aangestel is om die moontlikheid te ondersoek om geskiedenis tot gr. 12 verpligtend te maak. Sy het aangedui dié besluit spruit uit die onlangse xenofobiese aanvalle en die skade wat aan geskiedkundige standbeelde aangerig is. Sy reken die aanvalle […]

The post Reaksie op minister Motshekga se aankondiging dat geskiedenis tot gr. 12 verpligtend gemaak kan/gaan word appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
deur Prof. Fransjohan Pretorius 

Reaksie-op-minister-Motshekga-se-aankondiging-dat-geskiedenis-tot-gr-12-verpligtend-gemaak-kan-gaan-word-xs


Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het aangekondig dat ‘n taakspan aangestel is om die moontlikheid te ondersoek om geskiedenis tot gr. 12 verpligtend te maak.

Sy het aangedui dié besluit spruit uit die onlangse xenofobiese aanvalle en die skade wat aan geskiedkundige standbeelde aangerig is. Sy reken die aanvalle het dit duidelik gemaak dat almal die land se geskiedenis moet ken om as verenigde nasie vorentoe te beweeg.

Dit klink mooi, en maak die liefhebber van geskiedenis opgewonde, want daar is aantreklike voordele daaraan verbonde. Dit kan egter alleen benut word as daar sekere strikke vermy (kan) word, want die nadele wag om met die prys weg te stap.

Met geskiedeniskennis sal leerlinge nie meer so oningelig en sonder ‘n verwysingsraamwerk deur die lewe gaan nie – hulle sal hopelik meer kennis hê en konteks van gebeure begryp. Daar is mense wat maar onkundig oor die verlede is. Hulle sal opmerk: “Julius Caesar en Napoleon was albei figure lank gelede, daar ver in die Middeleeue.” Dat Caesar uit 50 v.C. dateer en Napoleon uit 1800 n.C. en dat die sogenaamde Middeleeue tussen hulle lê met veel ontwikkeling ná Caesar en vóór Napoleon, is vir hulle geen begrip nie.

Die bekende standpunt geld: As jy weet waar jy vandaan kom, weet jy waar jy nou is en verstaan jy beter waarheen jy oppad is. Veels te weinig mense het ‘n begrip hiervan. Geskiedeniskennis sal help.

‘n Waardevolle bydrae van geskiedeniskennis is die besef dat niks sommer net gebeur nie. Die ontwikkeling in die geskiedenis met oorsaak en gevolg sal hopelik begryp word. F.W. de Klerk het nie op 2 Februarie 1990 die ANC op die ingewing van die oomblik ontperk nie – die aftakeling van apartheid het al van die dood van dr. Verwoerd af gekom. Dit was ‘n lang ontwikkeling. Niks in die geskiedenis is dus simplisties nie.

Indien die onderrig gebalanseerd oorgedra kan word, kan mens begrip kry van en selfs waardering vir alle groepe se uiteenlopende erfenisse. Dit is werklik nodig, sodat die emosies uit byvoorbeeld die xenofobiese en standbeeld-kwessies gehaal kan word. Dit kan lei tot wedersydse begrip, harmonie en versoening, hoewel ons nog moet debatteer wat versoening beteken. Vir die regering is dit blykbaar dat die meerderheid se standpunt seëvier.

‘n Bonus sal wees dat leerlinge weer sal leer om behoorlike opstelle te skryf met goeie formulerings, sinskonstruksie en hopelik spelling. Hierdie aspekte het in die afgelope dekades sleg agteruitgegaan.

En tog stem die minister se aankondiging my onrustig.

Waar gaan die onderwysdepartemente al die onderwysers kry om sinvol geskiedenis te gee? Die regering het die onderwyskolleges toegemaak. Universiteite se opvoedkunde-fakulteite dra swaar. Oral gebeur dit dat onderwysers wat nie daarvoor opgelei is nie, geskiedenis (dalk teen hulle sin) moet aanbied. Die resultaat: Leerlinge word ‘n spul datums en feite gevoer, want die onderwyser is nie voldoende toegerus om begrip en insig te kweek en die draad van die geskiedenis oor te dra nie.

Die moontlikhede vir vakkeuses is reeds propvol. Soveel as wat ek begeer dat alle leerlinge geskiedenis neem, is daar reeds spesialisasie op skool en konsentreer leerlinge op vakke wat hulle loopbane in byvoorbeeld ingenieurswese, medies of die besigheidswetenskappe kan bevorder. Natuurlik sal geskiedenis insig en selfstandige denke kweek, en hulle ook in daardie rigtings help, maar dis nie so eenvoudig in ‘n vol program nie.

Saam daarmee is lesingroosters by skole reeds propvol. Waar pas jy geskiedenis in tot matriek?

Sekerlik die grootste probleem is die ideologiese kwessie. Die onderwysdepartemente se beleid is één handboek (dit wil sê indien dit betyds versprei word). En wie se standpunt gaan dit bevat? Kan of sal alle kante van omstrede kwessies daarin belig word? Dít is die toets.

Meer nog: Minister Motshekga sê dit moet ‘n gebalanseerde geskiedenis wees. Wat bedoel sy daarmee? My ervaring is dat die ANC reken dis nou hulle beurt om sake te beheer en voor te skryf. Hoe gaan hulle Paul Kruger uitbeeld – as hierdie leier van die Afrikaner in die negentiende eeu wat swart Afrikane van hulle grond ontneem het, of gaan hulle óók vertel van sy bydrae tot die republikeinse tradisie in Suid-Afrika, sy stryd teen Britse imperialisme, en byvoorbeeld sy goeie verhouding met Kgosi August Mokgatle van die Bafokeng, wat veroorsaak het dat die Bafokeng vandag van die rykste platinummyne ter wêreld besit?

Die minister reken kinders moet leer dat die res van die vasteland soms ten koste van hulself die bevrydingstryd gesteun het. “Hoe kan hulle Angola se rol in die bevrydingstryd verstaan as hulle nie die agtergrond en geskiedenis van die Slag van Cuito Canavale verstaan of ken nie?”, vra sy. So, haar kommer is oor die bevrydingstryd wat in die geskiedenis nie korrek uitgebeeld word nie. En ander standpunte dan? Anders as wat sy kennelik dink, is daar oor Cuito Canavale geen eenstemmigheid nie. Sowel die Suid-Afrikaanse Weermag as Swapo en die Kubane het ‘n oorwinning opgeëis. Besef die minister die slag het in werklikheid geen wenner opgelewer nie? En, soos Adriaan Basson in Beeld aangedui het, die ANC se reaksie dat kinders sal kan leer oor die “glorieryke” stryd teen apartheid en kolonialisme, is teleurstellend. Feit is daar was nie net een wenner nie, want ‘n skikking is tussen die partye bereik. Bowendien is “glorieryke” geskiedenis geen gebalanseerde geskiedenis nie.

‘n Voorbeeld van hoe problematies die minister se stelling is dat dit ‘n gebalanseerde geskiedenis moet wees: In 2005 het (let wel wie:) die Instituut vir Geregtigheid en Versoening ‘n reeks oor die geskiedenis van Suid-Afrika gepubliseer. In die Voorwoord is dit aangekondig as ‘n “democratic history – one in which more than one voice is heard”. Verre daarvandaan. Dit was hoofsaaklik die “struggle”-geskiedenis, waar apartheid tereg pakkry, maar waar die Afrikaner se Groot Trek- en republikeinse geskiedenis negatief uitgebeeld word. Die Onderwysdepartement het die reeks omhels, en in eksamens is daaruit aangehaal vir leerlinge om op te reageer. In die reeks was daar één sinnetjie oor Paul Kruger, naamlik dat hy probleme met die mynmagnate gehad het. Hoe gaan daardie enkele sinnetjie beeldstormers vermaan om nie sy standbeeld te verwyder of, erger nog, af te breek nie? Ná kritiek het ‘n latere uitgawe ‘n gebalanseerde hoofstuk oor die Anglo-Boereoorlog bygekry.

Hierdie gebrek aan balans was die aansporing vir die Geskiedeniskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns om Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag (2012) te skryf. Die balans was vir die redakteur nog nie heeltemal reg nie, en ‘n verbeterde Engelse uitgawe, A history of South Africa: From the distant past to the present day, het gevolg (2014). ‘n Toekomstige tweede Afrikaanse uitgawe sal dieselfde teks as die Engelse uitgawe dra.

Geskiedenisleerplanne het die aaklige manier om die ideologie van die regering van die dag ter wille te wees. So was dit in die apartheidstyd, toe die geskiedenis van die Afrikaner voorgehou is as die geskiedenis van Suid-Afrika. En so is dit tans met die “struggle”-geskiedenis wat aangebied word as die geskiedenis van Suid-Afrika. Dit moet verander. Ons is nou ‘n demokrasie in ‘n multi-kulturele samelewing, en alle groepe se geskiedenis behoort gebalanseerd en regverdig in ons geskiedenisboeke te figureer. Dít is die uitdaging. Slaag die beplanners/skrywers daarin, steun ek die gedagte. Dis egter reeds moeilik om ‘n gebalanseerde geskiedenis te skryf, en as ons sin vir balans uit die staanspoor gebrekkig is…

Prof. Fransjohan Pretorius is voorsitter van die Geskiedeniskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en redakteur van Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag.

The post Reaksie op minister Motshekga se aankondiging dat geskiedenis tot gr. 12 verpligtend gemaak kan/gaan word appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/reaksie-op-minister/feed/ 0 750
Milnerisme weer by UV gepleeg https://npvanwyklouw.org.za/milnerisme-weer-by-uv-gepleeg/ https://npvanwyklouw.org.za/milnerisme-weer-by-uv-gepleeg/#respond Tue, 19 May 2015 09:58:47 +0000 http://www.standpunte.co.za/?p=740 deur Dr. Danie Langner  Op 8 Mei is die 90e verjaarsdag van Afrikaans as amptelike landstaal gevier. Die grondwetlike status as amptelike landstaal het vir Afrikaans as inheemse taal die ruimte gebied om Engels en Nederlands (laasgenoemde was tot 1961 ook ’n amptelike landstaal) eenvoudig uit te presteer. Van die ekonomie, handel, landbou tot medies […]

The post Milnerisme weer by UV gepleeg appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
deur Dr. Danie Langner 

Milnerisme weer by UV gepleeg


Op 8 Mei is die 90e verjaarsdag van Afrikaans as amptelike landstaal gevier. Die grondwetlike status as amptelike landstaal het vir Afrikaans as inheemse taal die ruimte gebied om Engels en Nederlands (laasgenoemde was tot 1961 ook ’n amptelike landstaal) eenvoudig uit te presteer. Van die ekonomie, handel, landbou tot medies en natuurwetenskappe het Afrikaans ’n internasionale voetspoor gevestig.

Vanjaar is egter nie net Afrikaans se verjaarsdag nie. Suid-Afrikaners vier ook die 21e verjaarsdag van die amptelike status van alle inheemse Suid-Afrikaanse tale. Dit is presies hier waar die knoop lê. Daar is rede tot kommer oor die marginalisering van Afrikaans, maar nog groter kommer oor die mondigwording van ander inheemse tale. In die tagtigerjare kon ek byvoorbeeld Noord-Sotho op hoërskool as keusevak tot matriek neem. Vandag word Noord-Sotho in die betrokke hoërskool nie eers as keusevak vir graad 8 aangebied nie. Navrae by top Afrikaanse skole in Gauteng toon dat geen skool ’n inheemse taal as skoolvak aanbied nie. Daar mag uitsonderings wees, maar die ironie is lank voordat inheemse tale amptelike status geniet het, kon ’n Afrikaanse kind in apartheidsjare ’n inheemse taal in ’n Afrikaanse skool as keusevak neem. In die demokratiese Suid-Afrika word meertaligheid deur vele gepredik en inheemse tale deur staatsinstellings soos PANSAT en Artikel 185 – Kommissie vir Taal, Kultuur en Godsdiens beskerm, maar leerders het nie meer die geleentheid om ’n inheemse taal op skool aan te leer nie. Of die nuwe inisiatief om vanaf aanstaande jaar ’n derde inheemse taal naas Afrikaans en Engels vanaf graad een verpligtend in openbare skole te maak met min hulpbronne sal slaag, sal die tyd leer.

Waarskynlik het ’n negatiewe kringloop ontstaan. Skole het nie meer ’n inheemse taal as keusevak aangebied nie met die gevolg dat daar nie meer ’n behoefte aan onderwysers vir die vak was nie. Die studentegetalle in taaldepartemente het in so mate gekrimp dat die inheemse tale op universiteitsvlak feitlik verdwyn het, terwyl Engels toenemend besig is om alle inheemse tale, ook Afrikaans, te verdring.

Juis op dié punt is die onderwysleier en Kovsie-rektor, Jonathan Jansen, se onlangse openbare uitsprake oor Kovsies se taalbeleid so teleurstellend. Sommige, soos Minister Nzimande, mag dit as ’n slim taktiek beskou dat Jansen taalbeleid gebruik om rassevooroordele van radikale studente aan te blaas en Kovsies in rassegroepe te polariseer. Radikale aktiviste is voetsoldate om ’n klimaat vir verandering te skep. Uiteindelik tree hy as bemiddelaar na vore om ’n klipharde ideologiesgedrewe Engelse taalagenda te implementeer onder die voorwendsel van gelyke geleenthede. Het Jansen werklik ’n mandaat van die Universiteitsraad vir die skokkende voorspraak vir verengelsing van Kovsies ontvang? Dit in ’n provinsie en universiteit wat nog altyd Afrikaans as belangrike onderrigtaal geag het.

Tweetaligheid op Kovsies is niks nuuts nie. Enkele jare na die Anglo-Boereoorlog het tweetaligheid op die universiteit sy ontstaan gehad. Milner en sy onderwyslakei, Sargent, het geoordeel dat hulle die duisende Vrystaatse kampkinders in konsentrasiekampskole se denk- en leefwêreld met uitsluitlik Engelse onderrig moet verbreed. Milner het onder meer betoog dat Engelse aardrykskunde nodig is om Vrystaatse kinders te leer hoe gering die Vrystaatse republiekie teenoor die magtige Brittanje vertoon. Die Grey-universiteitskollege, tans die Vrystaatse universiteit, is in 1904 gestig en het aanvanklik in die gees van Milnerisme net Engels as voertaal gehad. Kort voor 1920 is Nederlands en Afrikaans ingevoer. Die jong universiteit het Milnerisme verwerp.

Dit is ’n tragedie dat Milnerisme onder leiding van Jansen vandag weer op Kovsies gepleeg word. Professor Hennie van Coller se somber analise, Die doodsklok lui vir Afrikaans, is ontnugterend, maar ongelukkig geen verrassing nie. Eers God uit die leuse en nou Afrikaans uit die lesinglokaal. Tolkdienste is op NWU ingespan om Afrikaans as universiteitstaal te behou, maar terselfdertyd anderstalige studente te akkommodeer. Jansen gebruik egter tolkdienste as taktiek om Engels vinniger te bevorder en Afrikaanssprekendes tydelik te paai terwyl Afrikaans in die praktyk vinnig uitfaseer word. Jansen se openbare uitsprake laat die indruk dat hy sy wrok oor apartheid op jong Afrikaners uithaal. Jong Afrikaners wat na 1994 gebore is, nooit apartheid geskep het en nooit daarvoor gestem het nie, moet nou deurloop. Afrikaans is maar net die meester se slaanstok om jong Afrikaners en hul ouers by te kom. Word die beste tradisies van Kovsies en die waardes van die grondwet hierdeur gedien?

As Afrikaans haar staanplek verloor, is alle inheemse tale aan die verloorkant. Die stryd om Afrikaans se regmatige plek aan skole en universiteite is ook ’n stryd vir die reg van alle inheemse tale om hulle volwaardige grondwetlike staanplek op te neem. Inheemse tale het dapper taalleiers en dapper universiteitsbesture nodig om aggressief taalonderwysers op te lei wat in alle skole meertaligheid kan bevorder. As die staat vanaf volgende jaar die aanleer van ’n ekstra inheemse taal op skool verpligtend wil maak, hoe strook dit met Jansen se verengelsing van Kovsies? Inheemse tale het ondersteuning nodig om hulle voetspoor uit te bou en waar daar nie spore is nie, nuwe spore te trap. Eers dan sal inheemse tale die taalruimtes wat die grondwet bied, kan vul en die Milneristiese verdringing van ons veeltalige rykdom uitpresteer. As alle Suid-Afrikaanse tale en hul gemeenskappe hulle regmatige staanplek gegun word, sal ons demokrasie eers mondig word.

Kovsies, in die hartland van Suid-Afrika, is uitnemend geposisioneer om anderkant die geykte taaldebatte en geykte rassebeskuldigings te tree. Kovsies kan ’n uitnemende plek word waar alle studente in hulle hartstaal hul toekomsdrome kan verwesenlik. Hiervoor is dinamiese en visionêre taalleierskap nou broodnodig.

Dr. Danie Langner is ‘n oud-Kovsie

The post Milnerisme weer by UV gepleeg appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/milnerisme-weer-by-uv-gepleeg/feed/ 0 740