Ander – N. P. van Wyk Louw-sentrum https://npvanwyklouw.org.za Taal Kultuur Gemeenskap Tue, 31 Jul 2018 06:36:34 +0000 en-US hourly 1 https://npvanwyklouw.org.za/wp-content/uploads/2017/05/cropped-np-facebook-3-287x287.jpg Ander – N. P. van Wyk Louw-sentrum https://npvanwyklouw.org.za 32 32 129531421 ’n Voordeel wat ons nie mag prysgee nie – Christoff van Wyk https://npvanwyklouw.org.za/n-voordeel-wat-ons-nie-mag-prysgee-nie-christoff-van-wyk/ https://npvanwyklouw.org.za/n-voordeel-wat-ons-nie-mag-prysgee-nie-christoff-van-wyk/#respond Tue, 31 Jul 2018 08:00:17 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=2556 ’n Boer maak ’n plan. Dié gesegde word al vir dekades lank van geslag tot geslag oorgedra en spruit voort uit die vindingrykheid wat Afrikaners al aan die dag moes lê om uitdagings in Suid-Afrika te oorkom om hier te oorleef. Kreatiewe denke en probleemoplossing is ’n kenmerk van Afrikaners se denkraamwerk en algemene mondering […]

The post ’n Voordeel wat ons nie mag prysgee nie – Christoff van Wyk appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
’n Boer maak ’n plan. Dié gesegde word al vir dekades lank van geslag tot geslag oorgedra en spruit voort uit die vindingrykheid wat Afrikaners al aan die dag moes lê om uitdagings in Suid-Afrika te oorkom om hier te oorleef. Kreatiewe denke en probleemoplossing is ’n kenmerk van Afrikaners se denkraamwerk en algemene mondering en dit is definitief ’n voordeel wat ons nooit moet prysgee nie.

Brand Pretorius skryf in sy boek, Aan die stuur, dat “ … ’n sleutel tot volhoubare sukses in die vinnig veranderende wêreld sal sprankelende kreatiwiteit en meedoënlose innovasie wees.” Hy skryf selfs verder dat indien hy sy loopbaan kon oorhê, hy baie meer doelgerigte pogings sou aanwend om ‘laterale denke’ aan te moedig en die persone wat uitblink hierin, die ‘helde’ binne die maatskappy te maak.

Die term ‘laterale denke’ is deur prof. Edward de Bono neergepen. Hy is ’n mediese doktor wat veral bekendheid verwerf het vir sy studies in denke en veral kreatiwiteit en ook hoe hierdie vaardighede aangeleer kan word. De Bono skryf dat daar by hom geen twyfel daaroor bestaan dat kreatiwiteit die belangrikste menslike hulpbron van almal is nie. “Sonder kreatiwiteit sou daar geen vooruitgang wees nie en sal ons vir altyd net dieselfde patrone herhaal.”

Dit wil soms blyk dat ons in Suid-Afrika ook aanhoudend besig is om sekere negatiewe patrone te herhaal en dat die resultate altyd dieselfde bly. Die wyse waarop jy jouself egter uit hierdie patrone uit kan ‘dink’, is ’n proses wat aangeleer kan word en soos Brand Pretorius tereg opmerk, die sleutel kan wees tot volhoubare sukses in ons veranderende wêreld.

Die wyse waarop laterale denke toegepas word, word deur de Bono beskryf as “… the creativity concerned with changing ideas, perceptions and concepts. Instead of working harder with the same ideas, perceptions and concepts, we seek to change them.”

Dié proses is ontwikkel na aanleiding van sy teorie oor die werking van die menslike brein en die selforganiserende stelsels. Hiervolgens kan ’n mens se brein vergelyk word met iets soos ’n landskap met ’n rivier wat daaroor vloei. Denkpatrone word op hierdie wyse, net soos ’n rivier se loop, gevestig en hoewel hierdie gevestigde patrone ’n mens se brein in staat stel om blitsvinnig te reageer, is dit terselfdertyd ook geneig om ’n mens te kortwiek in die ontwikkeling van nuwe idees. De Bono se tegnieke is dus juis daarop gemik om hierdie spreekwoordelike rivier te forseer om sy normale loop te verlaat en oor nuwe terreine te vloei. Om dit egter te bewerkstellig, het hy sekere tegnieke ontwikkel wat spesifiek daarop gemik is om provokasie tot die normale gedagtevloei te bewerkstellig. Die tegnieke fokus dus sterk daarop om in te speel op die menslike persepsie van realiteit en die handelinge wat oor tyd die ‘norm’ geword het.

Een van die tegnieke wat De Bono ontwikkel het om hierdie tipe denke te stimuleer, noem hy ‘challenge’, oftewel uitdaag. Hy beskryf hierdie tegniek as die sleutel tot daaglikse kreatiwiteit. Hy gebruik vrae soos, “Moet ons dinge op hierdie manier doen?” of “Is hierdie die beste manier om dinge te doen?” om die proses aan die gang te sit. Die bedoeling van hierdie vrae is nie om krities te wees nie omrede kritiek nie as kreatiwiteit beskou word nie. Dit bevorder egter die gewilligheid tot kreatiewe denke deur die huidige manier van doen uit te daag.

Die doel van hierdie uitdaging is om uit te vind of die manier van doen bloot gewoonte geword het, en of dit dalk net gebeur om aan die verwagtinge van ander mense te voldoen. Die uitdaagproses kan beskryf word as ’n subtiele, maar tog doelbewuste ontevredenheid en die wete dat daar ’n moontlikheid bestaan om te verbeter. Die waarde wat die toepassing van hierdie tegniek meebring, word gevind in die geleentheid wat geskep word om na te dink oor spesifieke handelinge asook die doelbewuste ontsluiting van kreatiewe moontlikhede. Gewoontes wat as vanselfsprekend herhaal word, word pertinent deur hierdie proses uitgedaag.

Dikwels is die redes waarom sekere handelinge as herhalende gewoontes gevestig word, bloot omrede daar nog nie ’n behoefte aan iets anders geïdentifiseer is nie of dat die huidige manier van doen voldoende is en daar geglo word dat jy nie peuter met iets wat werk nie.

De Bono gee vier redes oor waarom ons dikwels in herhalende denkpatrone vasgevang word:

  1. The continuity of neglect – Hiervolgens word ’n bepaalde produk of handeling as probleemvry beskou en gevolglik dink niemand meer oor die spesifieke gebeure of handelinge nie. Dinge word outomaties op ’n bepaalde manier gedoen.
  2. The continuity of lock-in – Hiervolgens is daar sekere omstandighede of reëls wat bepaal dat ’n handeling op ’n bepaalde manier uitgevoer moet word en daarom word dit eenvoudig aanvaar en so gedoen.
  3. The continuity of complacency – Indien sukses behaal word met ’n handeling verhinder dit dikwels enige verdere nadenke oor die handeling omrede daar geglo word dat dinge vir altyd op dieselfde manier sal werk. “Waarom moet iets wat werk, verander word?”
  4. The continuity of time-sequence – Hiervolgens word sekere handelinge vasgevang en dikteer deur die wyse waarop die handelinge wat die huidige voorafgegaan het, gebeur het. ’n Voorbeeld wat hier gebruik kan word, is die ontwerpkonsepte wat in die spoorvervoer-omgewing ontwikkel is, wat oorgedra is na die lugvervoer-omgewing, bloot omdat spoorvervoer ’n gevestigde praktyk was voor die aanbreek van die era van lugvervoer.

Die waarde van ‘uitdaag’ as kreatiewe tegniek is daarin geleë dat stagnering in die uitvoering van take, of in die denke oor algemene verskynsels, voorkom word. Die gereelde toepassing van hierdie tegniek skep die ruimte vir innovering en verandering van praktyk en gewoontes.

Alhoewel ons in vandag se tye eintlik nie meer kan funksioneer sonder die daaglikse toepassing van kreatiewe denke nie, skep dit tog ook probleme. Menslike natuur dikteer dat ons gekant is teen verandering omrede dit onsekerheid skep, veral as die verandering op die oog af nie voordelig is vir ons nie. Dus moet die weerstand teen verandering ook as ’n kragtige faktor in berekening gebring word wanneer daar besin word oor oplossings vir bestaande probleme of die verandering van gevestigde denkpatrone.

Die oplossings vir ons probleme lê binne ons bereik, maar dan sal ons moet besef dat ons nie kan staatmaak op gevestigde ou denkpatrone nie. ’n Boer maak ’n plan en een van die Afrikaner se beste oplossings om die talle probleme wat ons tans in die gesig staar te bowe te kom, is ons vermoë om kreatief en innoverend te dink. Laat ons hierdie karaktereienskap koester en nooit verlore laat gaan nie.

The post ’n Voordeel wat ons nie mag prysgee nie – Christoff van Wyk appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/n-voordeel-wat-ons-nie-mag-prysgee-nie-christoff-van-wyk/feed/ 0 2556
Leierskap en ’n gehoor van Een – Christoff van Wyk https://npvanwyklouw.org.za/leierskap-en-n-gehoor-van-een-christoff-van-wyk/ https://npvanwyklouw.org.za/leierskap-en-n-gehoor-van-een-christoff-van-wyk/#comments Fri, 13 Apr 2018 08:00:01 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=2443 Andrew Carnegie, die Amerikaanse staalbaron en miljardêr het op ’n dag as jong seun op sy ma afgekom waar sy in sak en as besig was om te huil oor hulle ellendige omstandighede. As Skotse immigrante het hulle ’n heenkome in Amerika gaan soek en in ’n krotbuurt in Pittsburgh beland. Carnegie was diep ontroerd […]

The post Leierskap en ’n gehoor van Een – Christoff van Wyk appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>

Andrew Carnegie, die Amerikaanse staalbaron en miljardêr het op ’n dag as jong seun op sy ma afgekom waar sy in sak en as besig was om te huil oor hulle ellendige omstandighede. As Skotse immigrante het hulle ’n heenkome in Amerika gaan soek en in ’n krotbuurt in Pittsburgh beland.

Carnegie was diep ontroerd hieroor en het haar plegtig belowe dat hy eendag baie ryk sou word en hulle uit hul ellende sou verlos. Sy het egter geantwoord: “That will do no good over here if no one in Dunfermline can see us.” Dit het haar min geskeel dat mense in ’n vreemde land haar in ’n ander lig moes beskou, vir haar het alles daaroor gegaan dat haar vriende en familie in Skotland moes sien hoe goed dit met hulle gaan.

Ware leiers word gekenmerk aan die gehoor wat hulle dien en ware leierskap, op watter vlak ook al, behoort voor ’n gehoor van Een af te speel indien dit werklik ’n blywende verskil wil maak.

Politieke leierskap in ons moderne tyd is veral skuldig daaraan dat beginsels dikwels in ’n oogwink prysgegee word onder die druk van kieserspeilings. Winston Churchill het op ’n keer gesê: “I hear it said, that leaders should keep their ears to the ground. All I can say is that the British nation will find it very hard to look up to the leaders who are detected in that somewhat ungainly posture.” In vandag se politieke arena het dit byna die norm geword om eerder te sê wat jou kiesers wil hoor as om morele beginsels na te streef. Alhoewel dit te verstane is dat enige politieke leier afhanklik is van stemme word dit al hoe moeiliker om werklik “op te kyk” na hierdie leiers wat konstant hul oor so op die grond hou.

Die uitwerking van buite-na-binne leierskap is natuurlik altyd gedoem. Die leier lei nie meer nie, maar word eerder gelei. Of dit nou deur ’n onverbiddelike ideologie is wat al oor en oor gefaal het of die lofprysing van massas is wat die ego streel. Die strewe na hoër ideale verval in ’n desperate poging om almal gelukkig te probeer hou – wat natuurlik onmoontlik is.

Een van die redes waarom baie leiers en rolmodelle verkies om eerder vir hul gehoor te leef as vir die gehoor van Een, is omrede dit dikwels met baie slegte gevolge gepaard gaan. Een so voorbeeld is die uitsonderlike storie van generaal Charles Gordon wat byna sy hele lewe lank in die Britse weermag gedien het. Hy het op jong ouderdom tot geloof gekom en veral Filippense 1:21 gereeld aangehaal waar Paulus skryf: “… want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.”

Hy was veral bekend daarvoor dat hy soms bevele verontagsaam het indien hy dit as belaglik of onregverdig beskou het. Dit het ook uiteindelik tot sy dood gelei in 1885 nadat hy bevele verontagsaam het om die besette stad Khartoum in die Soedan te verlaat. Die Britse regering was glad nie beïndruk hiermee nie en het eers ’n jaar nadat die stad beleër is, versterkings gestuur. Dié weermag het egter eers twee dae nadat die stad geval het daar aangekom. Na Gordon se dood skryf ’n Skotse vriend van hom, John Bonar, as volg: “What at once, and always struck me was the way in which his oneness with God ruled all his actions, and his mode of seeing things. I never knew one who seemed so much to ‘endure as seeing Him who is invisible.’”

Nog ’n voorbeeld van so persoon was die Vrystaatse president MT Steyn. Op die vooraand van wat later as die Anglo-Boereoorlog bekend sou staan, het Steyn op sy plaas Onze Rust vroeg die oggend die veld ingegaan en in die woorde van ’n biograaf, ’n “sielsworsteling” deurgemaak en die grootste deel van die dag in gebed deurgebring. Prof. Jaap Steyn skryf in sy boek Afrikanerjoernaal die volgende: “Toe hy die aand tuiskom, was hy welgemoed, vasbeslote om tot die dood te stry vir vryheid en reg.”

Steyn moes ten volle besef dat sy besluit om nie aan die onredelike eise van die Britte in te gee nie en die voormalige ZAR te steun in die komende oorlog, verseker tot die verlies aan lewe sou lei, alhoewel hy nooit kon voorsien hoe groot die verlies uiteindelik sou wees nie. Maar, tot die einde was hy getrou aan die gehoor van Een.

Die vraag is nie of ons “voor ’n gehoor” lewe nie, maar eerder wie ons gehoor is. Andrew Carnegie was ’n uitgesproke ateïs en of dit nou vanuit sy hoë kantoorgebou was of die koninklike koets wat hy laat bou het vir sy tuiskoms na sy geboortestad, het hy sy gehoor gekies en daarvolgens gelewe. Soms kry ons egter ware leiers, bekend of selfs heeltemal onbekend, wat slegs leef voor die gehoor van Een, die ware drie-enige God. Dit behoort ons hoop te wees dat meer en meer leiers en rolmodelle werklik kan getuig: “Ek leef slegs voor die gehoor van Een. Voor ander het ek niks om te bewys, niks om te wen, niks om te verloor nie.”


Bron:

Guinness, O. The Call: Finding and Fulfilling the Central Purpose of Your Life Thomas Nelson Uitgewers, VSA (2003)

The post Leierskap en ’n gehoor van Een – Christoff van Wyk appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/leierskap-en-n-gehoor-van-een-christoff-van-wyk/feed/ 1 2443
Suid-Afrikaners (te) tevrede met swak leiers – Christoff van Wyk https://npvanwyklouw.org.za/suid-afrikaners-te-tevrede-met-swak-leiers-christoff-van-wyk/ https://npvanwyklouw.org.za/suid-afrikaners-te-tevrede-met-swak-leiers-christoff-van-wyk/#respond Mon, 12 Mar 2018 08:00:50 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=2426 “ ’n Volk juig as regverdige mense die mag kry; ’n volk sug as ’n goddelose mens regeer.” Spreuke 29:2 ___________________________________________________________________ My tannie het altyd gesê alles met ’n ‘te’ vooraan, is verkeerd behalwe te voet en te perd, maar is ons samelewing in Suid-Afrika nie ‘te’ tevrede met swak leierskap nie en indien wel, […]

The post Suid-Afrikaners (te) tevrede met swak leiers – Christoff van Wyk appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>

“ ’n Volk juig as regverdige mense die mag kry; ’n volk sug as ’n goddelose mens regeer.”

Spreuke 29:2

___________________________________________________________________

My tannie het altyd gesê alles met ’n ‘te’ vooraan, is verkeerd behalwe te voet en te perd, maar is ons samelewing in Suid-Afrika nie ‘te’ tevrede met swak leierskap nie en indien wel, wat kan ons doen om dit te verander?

Goolam Ballim, hoofekonoom by Standard Bank reken dat Suid-Afrika soveel as R1 biljoen armer geword het gedurende Jacob Zuma se presidentskap en dat hierdie verlies die direkte gevolg van sy swak leierskap was. In lyn hiermee reken The Economist dat Suid-Afrika se ekonomie vandag ongeveer 25% groter sou gewees het indien die groeikoers tot en met 2009 gehandhaaf was.

Dalk is dit nodig om op die vooraand van ’n nuwe leierskapsera baie deeglik te gaan kyk na wat ons van ’n goeie leier moet verwag en ook terselfdertyd te besin oor wat ons te doen staan as dit nie realiseer nie.

Brand Pretorius skryf in sy boek Aan die stuur dat ’n effektiewe leier oor ten minste 11 eienskappe moet beskik, naamlik basiese intelligensie, morele intelligensie, spirituele intelligensie, emosionele intelligensie, teenspoed-intelligensie, integriteit, nederigheid, gehardheid, dissipline, ’n positiewe houding en die gewilligheid om aan te hou leer.

Hy lys dan ook verder ’n paar vaardighede waaroor ’n uitnemende leier moet beskik wat onder andere insluit strategiese denke en goeie kommunikasie.

Al sou ’n persoon oor al hierdie eienskappe en vaardighede beskik, is daar egter drie eienskappe wat uitgelig kan word en universeel erken word as deurslaggewend, naamlik integriteit, morele intelligensie en spirituele intelligensie.

Volgens Pretorius is integriteit die belangrikste kenmerk van ’n effektiewe leier, want “… ware leierskap begin binne, by die persoon se karakter.” Genl. Norman Schwarzkopf het dit so gestel: “Leierskap is ’n kragtige kombinasie van strategie en karakter. Maar as jy sonder een moet klaar kom, los dan die strategie.”

Die tweede eienskap wat onontbeerlik is, is morele intelligensie. Volgens Pretorius is morele intelligensie dit “ … wat ons gewete rig, en sodoende ons reaksie op die omstandighede en uitdagings wat ons teëkom beïnvloed. Morele intelligensie bepaal ons integriteit – dis ons morele kompas. Dit bied die verwysingsraamwerk vir wat reg en verkeerd is.”

Die laaste eienskap wat as onontbeerlik beskryf kan word, is spirituele intelligensie. Hy beskryf dit as “ … ons vermoë om volgens waardes te leef wat ’n sinvoller doel stel vir wat ons doen as bloot eiebelang. Leiers wat op hierdie gebied uitstaan, is nie selfsugtig of korttermyn-georiënteerd nie – hulle streef na iets meer as persoonlike glorie.” In dié verband verwys hy dan ook na dr. Albert Wessels as ’n goeie voorbeeld van ’n leier met spirituele intelligensie.

Die Zuma-administrasie was ’n ramp. Maar, dit was ’n mensgemaakte ramp wat vermy kon word as daar vroeg reeds opgetree is. Dikwels is die samelewing egter te vergewensgesind en te onbetrokke en dan word swak leierskap die norm, en ’n geslag word groot sonder om werklik te besef hoe lyk goeie leierskap, máár ook wat dit beteken om ’n goeie leier te wees. Want, elkeen van ons staan iewers in ’n leierskapsposisie. Daar rus ’n plig op elke burger om op alle vlakke die tipe leierskapseienskappe soos hierbo genoem, uit te leef en veral dié drie eienskappe wat hierbo uitgesonder word, naamlik morele intelligensie, spirituele intelligensie en absolute integriteit.

Ons as burgers van Suid-Afrika se plig in vandag se samelewing strek veel verder as om net elke nou en dan te gaan stem. Ons plig is om op verantwoordelike wyse deel te neem aan die publieke lewe waar ons onsself ook al bevind. Dit sluit in ons plaaslike regering, ons werksplekke, ons kerke, ons skole en selfs ook op provinsiale en nasionale regeringsvlak, indien moontlik.

In die eerste plek vereis dit verantwoordelike optrede van alle landsburgers se kant af, maar dan ook die optrede om ons leiers verantwoordbaar te hou en nie slap te lê nie.

Ons eerste groot uitdaging binne die nuwe leierskapsera is reeds hier en dit gaan ’n bepalende faktor wees vir die toekoms van elke persoon in Suid-Afrika. Die kwessie is natuurlik grondonteiening sonder vergoeding. Ons sal deur die propaganda en swak argumente moet kyk, by die beginsel van die saak uitkom en die geveg vanuit die morele hoë grond daar beveg.

Martin Niemoller was ’n prominente protestantse predikant wat ’n uitgesproke teenstander was van die Nazi-regering in Duitsland en selfs sewe jaar in gevangenskap deurgebring het oor sy sieninge en uitsprake. Hy skryf in ’n gedig die volgende:

First they came for the Socialists, and I did not speak out —
Because I was not a Socialist.

Then they came for the Trade Unionists, and I did not speak out —
Because I was not a Trade Unionist.

Then they came for the Jews, and I did not speak out —
Because I was not a Jew.

Then they came for me — and there was no one left to speak for me.

Alhoewel die presiese inhoud van die gedig ’n omstrede onderwerp is, staan die boodskap hiervan duidelik uit soos ’n paal bo water. Ons kan nie terugsit en kyk hoe ’n land verwoes word omdat dit my nog nie persoonlik raak nie.

Ons moet ophou om tevrede te wees met swak leiers, voor dit dalk TE laat is.

 

The post Suid-Afrikaners (te) tevrede met swak leiers – Christoff van Wyk appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/suid-afrikaners-te-tevrede-met-swak-leiers-christoff-van-wyk/feed/ 0 2426
‘Woorde weet en woorde verklap’ – Abraham H. de Vries https://npvanwyklouw.org.za/woorde-weet-en-woorde-verklap-abraham-h-de-vries/ https://npvanwyklouw.org.za/woorde-weet-en-woorde-verklap-abraham-h-de-vries/#respond Fri, 03 Nov 2017 08:00:29 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=2369 Ontvangstoespraak wat tydens die oorhandiging van die FAK se NP van Wyk Louw-toekenning vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur gelewer is op 31 Oktober 2017 in Lyttelton, Pretoria.  Partymaal is daar niks anders nie as clichés om op terug te val. Dankie, baie, baie dankie. Ek voel ’n bietjie klein in die […]

The post ‘Woorde weet en woorde verklap’ – Abraham H. de Vries appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>

Abraham H de Vries

Ontvangstoespraak wat tydens die oorhandiging van die FAK se NP van Wyk Louw-toekenning vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur gelewer is op 31 Oktober 2017 in Lyttelton, Pretoria. 


Partymaal is daar niks anders nie as clichés om op terug te val. Dankie, baie, baie dankie.

Ek voel ’n bietjie klein in die geselskap van voorgangers soos onder andere Elisabeth Eybers, Karel Schoeman en Dan Sleigh verlede jaar. Wat hierdie toekenning so belangrik maak, is die assosiasie met N.P. van Wyk Louw, een van die heel grootste digters en denkers, indien nie die grootste nie, in die Afrikaanse letterkunde. In ’n gelukwensing maak ’n Karoo-vriend melding daarvan dat die toekenning “so ’n besondere naam dra van daardie man van Sutherland wat ook wyer en universeel kon dink”.

Dis ’n eer waarvan ek seker is dat ek dit nie verdien nie en wat my laat vermoed u het ’n baie welkome fout gemaak. Maar daar is ’n troos wat ek raakhoor en nie vergeet nie, want woorde verkondig soms hul eie waarhede: Van Wyk Louw is ’n boorling van die GrootKaroo; ek kom uit die Klein-Karoo. Woorde weet en woorde verklap.

Dis so in gedigte en dit is so in kortverhale. Hennie Aucamp het al daarop gewys dat dié twee genres ’n voorliefde gemeen het, vir verwysings, assosiasies, vir taal as eintlik iets onvertaalbaars. Maar veral vir die “glansryke werktuig” en “tweesnydende swaard” se vermoë om te suggereer, om iets totaal anders te fluister as wat jy sê. Kyk nou so: My vrou het my laat beloof ek sal my gedra vanaand en ’n bietjie die landsake uitlos.

Maar terwyl ek hier sit en tik, sien ek in die boekrakkie op my lessenaar het Auchebe se Things Fall Apart omgeval bo-op Alan Paton se Ah, But Your Land Is Beautiful. Wat ons toeval noem, gebruik soms suggesties nes ’n verhaal.

Ek vermoed daar is ’n ongestelde vraag by almal van ons wat vanaand hier is: Van watter taal praat jy? ’n Taal wat sal bly voortleef so lank as wat daar mense is wat dit praat? Daar is baie spoke om op te jaag en baie skralerige geraamtes om vol lawaai en hoop te laat ratel. Ek vermoed dis die moeite werd om Louw se antwoord uit 1961 weer goed te lees omdat hy die gesprek wegstuur van herkoms en stryd, van geskiedenis en taalsosiologiese wetmatigheid af na die menslike, die moreel/etiese toe: Ek haal hom aan: “Oor wat ons taal sal word, of oor wat van hom sal word, kan ons nie praat nie, behalwe met hartstogtelike verlange.” (Uit Vernuwing in die prosa.)

Begrip en eerbied vir hierdie “hartstogtelike verlange” is die kweekplek vir medemenslikheid en vir respek. Waar wanbegrip en ’n gebrek aan eerbied heers, verdwyn respek en ontstaan konflik. Ek weet van nêrens waar respek nie welkom is nie – dit geld in gewone gesprekke en beroepe, maar ook in hofdokumentasie en aan universitêre inrigtings.

Waarmee ek my dankwoord wil afsluit: Ek aanvaar hierdie toekenning ook namens die Afrikaanse kortverhaal, dié genre wat saam met poësie juis nou in hierdie wye en droewe land vir begrip wat so belangrik is, vra. Elizabeth Bowden had gelyk: “The short story, as I see it to be, allows for what is crazy about humanity: obstinacies, inordinate heroism, ‘immortal longings’.”

En, ja, juis in hierdie land. Ek haal aan uit Tristia:

Ek haat en ek het lief: ek weet nie hoe nie.

O my land, o my land: jy is ek.

Ek ken jou en ek haat jou soos ek my haat.

Ek het jou lief soos ek my soms lief durf hê


Hierdie meningstuk is deur ‘n onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word is nie noodwendig die beleid of standpunt van die FAK se werknemers of direksie nie. 

The post ‘Woorde weet en woorde verklap’ – Abraham H. de Vries appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/woorde-weet-en-woorde-verklap-abraham-h-de-vries/feed/ 0 2369
Dan Sleigh ontvang die FAK se NP van Wyk Louw Toekenning https://npvanwyklouw.org.za/dan-sleigh-ontvang-die-fak-se-np-van-wyk-louw-toekenning/ https://npvanwyklouw.org.za/dan-sleigh-ontvang-die-fak-se-np-van-wyk-louw-toekenning/#respond Tue, 23 May 2017 06:52:56 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=2103 Die FAK se NP van Wyk Louw Toekenning word deur dr. Danie Langner (regs), uitvoerende hoof van die FAK aan dr. Dan Sleigh (links) oorhandig vir sy bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.  Knoetserige eikebome staan in gelid langs Franschhoek se besige strate en kondig met ’n basuin van rooi, oranje […]

The post Dan Sleigh ontvang die FAK se NP van Wyk Louw Toekenning appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>

Die FAK se NP van Wyk Louw Toekenning word deur dr. Danie Langner (regs), uitvoerende hoof van die FAK aan dr. Dan Sleigh (links) oorhandig vir sy bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.


 Knoetserige eikebome staan in gelid langs Franschhoek se besige strate en kondig met ’n basuin van rooi, oranje en geel skakerings aan dat dit herfs is. Herfs in pragtige Franschhoek. Dis reeds 20 Mei, maar dit bly droog en die verwagte winterreën terg die leë damme en vaal sandkolle met sy afwesigheid. Die wolklose blou bokant die dorp is byna intimiderend as jy opkyk en die koue knypie wat vroeër in die lug was, het reeds met die volraak van die dag onder die hope blare wat orals rondlê, ingekruip.

Dit is vyftig jaar gelede dat William van Rheede van Oudtshoorn se huis, Saasveld, baksteen vir baksteen verskuif is van Kaapstad na Franschhoek om die Hugenote Gedenkmuseum hier te huisves.

Saasveld-huis wat tans die Hugenote Gedenkmuseum in Franschhoek huisves.

Die pragtige, eenvoudige gebou staan statig net duskant die Hugenote Monument, wit gekalk, skoon, oop en verwelkomend. Terwyl jy verbystap, weerkaats die glans van die honderde klein ruitjies jou oë toe en skielik eggo die berisping van die bouer aan William: “… as bomme oor ons dorp bars. Jy, meer as enigeen, gaan skade ly.” William was egter vasbeslote oor sy huis met sy 720 ruite: “Die huis geen my plesier, soos hy nou is.” (Aanhalings uit 1795 deur Dan Sleigh, Tafelberg, 2016.)

Natuurlik kon daar nie ’n meer geskikte plek wees om die NP van Wyk Louw Toekenning aan dr. Dan Sleigh te oorhandig, as net hier nie.

“Hierdie toekenning span vir my die kroon op my skrywersloopbaan en dit is ’n groot eer om op die manier deur die FAK vereer te word en met Van Wyk Louw geassosieer te word.”

Met dié nederige woorde het dr. Dan Sleigh die welverdiende toekenning vir sy ontsaglike bydrae die afgelope dekades tot die Afrikaanse taal en kultuur in ontvangs geneem. Die toekenningsgeleentheid is deur die FAK, in samewerking met die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika, by die Hugenote Gedenkmuseum aangebied.

Sleigh het na ’n kort loopbaan in die onderwys sy roeping as geskiedskrywer en navorser gevind. Hy voltooi in 1969 die BA-graad met Engels en Geskiedenis as hoofvakke en verwerf later sy meestersgraad in geskiedenis, cum laude aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy doktorsgraad in geskiedenis word met  DJ Kotzé en DJ van Zyl as promotors voltooi met Kotzé wat die werk beskryf as die “nuttigste boek” wat onder die vaandel van die Departement van Geskiedenis van die US ontstaan het. Sy proefskrif word later verwerk en deur Protea Boekhuis as Die Buiteposte uitgegee.

Die verskyning van sy debuutroman Eilande (2001), het die Afrikaanse letterkundige wêreld behoorlik laat regop sit en notisie neem van Dan Sleigh. ’n Naam waarvan hulle nog baie sou hoor in die toekoms. Die wyse waarop Sleigh die geskiedenis inkleur en op sy besondere wyse lewe gee, het onmiddellik aan hom groot aanhang besorg, asook verskeie toekennings. Uniek, vars, uitdagend, maar altyd getrou aan die feite sonder om te verveel. Soos André P Brink dit stel: “Eilande is nie net ’n titel nie – dis ’n gebeurtenis.”

In sy boeke neem Sleigh geduldig sy tyd om die storie van Suid-Afrika, asook die ‘geboorte’ van die Afrikaner te vertel op ’n ewewigte wyse wat die menslikheid van sy karakters, hul swakhede en al, nie probeer wegsteek of verdedig nie. Hy word hul stem en hul praat. Hul lewens, probleme, vraagstukke, oplossings, emosies en nog meer word in eenvoud vertel en jy kan nie anders as om aangetrokke te voel tot die eerlikheid daarvan nie.

Dit staan natuurlik in skrille kontras teenoor die manier waarop geskiedenis deesdae misbruik word vir politieke populisme en aanhitsing. Dié manier van doen, sorg dalk vir sensasionele koerantopskrifte, maar uiteindelik word die nasionale bewussyn hierdeur op onverantwoordelike wyse as’t ware op ’n sinkgat gebou wat reeds steier onder die las van naïwiteit en oningeligtheid.

Die geskiedenis van die Kaap, wat by hom so intense belangstelling ontlok, is inderwaarheid ook sy eie geskiedenis met voorouers wat reeds sedert die 18de eeu op die een of ander wyse bemoeienis met die Kaap het.

Sleigh wat in November 79 jaar oud word, is die beskeidenheid vanself. Na sy ontmoeting met Breyten Breytenbach skerts hy onlangs dat hy so geëerd gevoel het dat hy vir Breyten gesê het dat hy nou nooit weer sy hand gaan was nie.

In sy ontvangstoespraak het hy ook vir Helena Scheffler, kultuurhistoriese kenner wat hom reeds vir 20 jaar bystaan in sy navorsings- en skryfwerk, sy dogter Jean en die uitgewers by Tafelberg bedank vir hul ondersteuning.

Dan Sleigh ontvang die FAK se NP van Wyk Louw Toekenning vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur, en veral sy uitsonderlike prestasie op die gebied van Afrikaanse prosa en geskiedskrywing met spesiale vermelding van die historiese romans Eilande, Afstande, Wals met Mathilda en 1795.

Vorige ontvangers van hierdie toekenning sluit in: prof. Jaap Steyn, Karel Schoeman en T.T. Cloete.

The post Dan Sleigh ontvang die FAK se NP van Wyk Louw Toekenning appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/dan-sleigh-ontvang-die-fak-se-np-van-wyk-louw-toekenning/feed/ 0 2103
Britte verlaat die Europese Unie – Victor Correia (Aros) https://npvanwyklouw.org.za/britte-verlaat-die-europese-unie-victor-correia-aros/ https://npvanwyklouw.org.za/britte-verlaat-die-europese-unie-victor-correia-aros/#respond Tue, 28 Jun 2016 10:27:51 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=1487   Inleiding Op 23 Junie 2016 het Brittanje uit die Europese Unie getree. Die skommeling in die geldmarkte het aangedui dat die uitslag onverwags en selfs vir baie ongewens was. Dit is vir ons van belang om te weet hoe die gebeure ons raak. Hoewel dit op die oog af mag lyk of daar nie […]

The post Britte verlaat die Europese Unie – Victor Correia (Aros) appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
NP van Wyk Louw Brexit

 

Inleiding
Op 23 Junie 2016 het Brittanje uit die Europese Unie getree. Die skommeling in die geldmarkte het aangedui dat die uitslag onverwags en selfs vir baie ongewens was. Dit is vir ons van belang om te weet hoe die gebeure ons raak. Hoewel dit op die oog af mag lyk of daar nie ’n duidelike verband is tussen die Britte wat die Europese Unie verlaat het en ons in Suid-Afrika nie, is daar wel raakpunte waaroor ons kan besin. Daar is iets wat ons kan leer uit die Britse uittog.

 
Reaksie
Voordat ons by die punt uitkom, laat ons net kortliks na die reaksie van ander lande oor die Britte se besluit stilstaan. Angela Merkel meen dat Brexit ’n keerpunt kan wees vir die Europese Unie: “Let’s not beat around the bush: Today marks a watershed for Europe”. Tog maan Merkel vir kalmte, omdat sy as leier weet dat die besluit van Brittanje moontlik ’n rimpeleffek kan hê wat uitkring na ander lande wat die Europese Projek in twyfel trek.

Skotland wat gestem het om in die Europese Unie te bly, moet nou saam met ander lidlande van die Verenigde Koninkryk die Europese Unie verlaat. Die Skotte sal nou moontlik ’n tweede referendum wil hou om weg te breek van die Verenigde Koninkryk met die doel om daarna hul lidmaatskap van die Europese Unie voort te sit. Dit blyk dat die Skotte se beweegredes hoofsaaklik ekonomies is.

Die vrees bestaan dat die Britte se uittog ’n kettingreaksie kan veroorsaak waar ander Europese lidlande ook vir referendums aanvra. Front Nasionaal se leier Marine le Pen het reeds vir ’n Franse referendum (Frexit) oor lidmaatskap aan die EU aangevra. Waarom is leiers in Europa so besorg oor een lidland van die Europese Unie wat besluit het om dit te verlaat? Om die vraag te beantwoord, moet ons eers na die geskiedenis van die Europese Unie kyk.

 
Geskiedenis
Die Europese Unie het na die Tweede Wêreldoorlog ontstaan met die doel om te sorg dat daar nie weer so bloedige oorlog tussen die onderskeie Europese lande ontstaan nie. Die eerste ses lidlande was België, Frankryk, Duitsland, Italië, Luxemburg en Nederland. Die doel van die unie was om vrede tussen lidlande te bevorder, maar ook om na die verwoestende oorlog te help om ekonomiese bande te verstewig en om handel tussen lande te bespoedig. In 1957 is die Verdrag van Rome gesluit met die doel om ’n algemene Europese mark daar te stel.

Die Schengen-ooreenkoms wat in 1995 tot stand gekom het, het dit moontlik gemaak om tussen al die lidlande van die Europese Unie te beweeg sonder ’n paspoort. ’n Verdere verwikkeling was die Euro geldeenheid wat sedert die begin van die millennium in gebruik geneem is. Verskeie ander verdrae is ook geteken met die doel om die Europese Projek te bevorder. Tot en met Brittanje se uittrede het die unie gegroei tot 28 lidlande.

Die afgelope jare was daar egter verskeie kwessies wat dit vir lidlande al hoe moeiliker begin maak het om oor die sake wat vir hul eie mense belangrik is te besluit. Een van die redes hiervoor was dat daar in die vorm van die Europese Parlement ’n wetgewende liggaam geskep is wat regering nog een stap verder van die man op straat geneem het.

Die Europese Unie wat die doel van vrede en ekonomiese groei gehad het, word op dié stadium onder geweldige druk geplaas. Die vrye toegang wat deel is van die Shengen-ooreenkoms word deur ISIS-ekstremiste misbruik om vrees by Europeërs in te boesem. Die ekonomiese krisis wat in 2008 ontstaan het in Banksektor, het dit aan die lig gebring dat verskeie Europese lidlande nie hul skuld kan terugbetaal nie. Dus bring lidmaatskap van die EU nie meer die voordele wat oorspronklik deur die unie beoog is nie. Dit verwonder ’n mens nie dat daar in Brittanje verset teen lidmaatskap van die Europese Unie gekom het nie.

 

Britse verset
In 2011 word die leier van die Konserwatiewe Party David Cameron deur 81 van sy eie party se lede gedwing om ’n referendum vir Britse onafhanklikheid te hou. Cameron het uit sy weg uit probeer gaan om met die Europese Unie te onderhandel en om die “Bly veldtog” meer stukrag te gee. Hy het lank die referendum uitgestel en na dit onafwendbaar geword het vir 9 maande na verskeie lidlande van die Europese Unie gereis met die doel om die “Bly veldtog” meer stukrag te gee. Tog kon Cameron (wat nou bedank het) die saak wat aangeroer was nie stop nie.

Die saak van Britse onafhanklikheid is gedryf deur ’n party met die naam van UKIP (United Independent Party) en is later meer stukrag gegee deur Boris Johnson van die Konserwatiewe Party. Nigel Farage, die leier van UKIP, beskou die uitslag van die referendum van 23 Junie as ’n oorwinning vir doodgewone Britte. Ten spyte van geweldig baie politiekery en vrees vir verarming wat deur die “Bly veldtog” aangeblaas is, het die waarheid in die veldtog uiteindelik oorwin. Die waarheid wat gewone Britte aan die lig wou bring, is dat hulle wel bedreig voel deur die vloedgolf van onbeheerde immigrasie en dat hulle hul eie identiteit as Britte wil beskerm selfs ten koste van tydelike ekonomiese agteruitgang.

 
Onbeheerde immigrasie
Een van die hoofkwessies wat gelei het tot die Britte se besluit om uit die Europese Unie te tree, is onbeheerde immigrasie. In 2015 het ongeveer ’n miljoen immigrante Europa binnegestroom. Angela Merkel het hulle met ope arms na Duitsland genooi. Merkel se Willkommen het die res van Europa nie onaangeraak gelaat nie. Die Schengen-ooreenkoms met ander lidlande van die EU bring mee dat die vlugtelinge vrye toegang tot ander lande in Europa kan verkry. Wat die situasie nog vererger, is dat onlangs bevind is dat ISIS-vegters tussen die groep immigrante Europa binnestroom het. Na die onlangse terreuraanvalle in Parys, Brussels en Orlando is dit verstaanbaar dat die Britte wat besorg is oor hul eie veiligheid weer beheer oor hul eie grense wou neem. Farage het keer op keer opgemerk dat dit nie moontlik is om beheer oor ’n land se eie grense te neem terwyl ’n land deel van die Europese Unie is nie. Die Britte het geluister.

 
Rimpeleffek na buite
Dit mag verwag word dat die idee van vrye beweging tussen lidlande van die Europese Unie in die toekoms al hoe meer onder druk sal kom. Die probleem is egter nie net beperk tot Europa nie, maar word wêreldwyd ervaar. Een van die redes waarom Donald Trump vermoedelik so goed vaar, is sy sterk standpunt oor die beheer van immigrasie in Amerika.

 
Samevatting
Die een ding wat ons kan leer uit Brittanje se uitstem, is dat daar wêreldwyd ’n dieper besef vir groepsidentiteit na vore kom. Die besef word aangedryf deur onbeheerde immigrasie in ’n eeu van globalisme. Dit is ironies dat Brittanje wat histories binne die liberale tradisie staan, wat die regte van die individue vooropstel, nou tot die besef gekom het dat groepsidentiteit ’n groter rol moet speel in die toekoms. Dit blyk verder dat die oorspronklike doelwitte van die Europese Projek deur die bedrywighede van ISIS in die wiele gery word. Vrye toegang vir lede van die Europese Unie word deur hulle misbruik om terreurdade in lidlande van die EU te pleeg. Die enigste manier om die terroriste te keer, blyk te wees om uit die EU te tree, sodat Brittanje weer beheer oor hul eie grense kan neem.

The post Britte verlaat die Europese Unie – Victor Correia (Aros) appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/britte-verlaat-die-europese-unie-victor-correia-aros/feed/ 0 1487
Kultuuraand ‘n reuse sukses! https://npvanwyklouw.org.za/kultuuraand-n-reuse-sukses/ https://npvanwyklouw.org.za/kultuuraand-n-reuse-sukses/#respond Wed, 22 Jun 2016 10:43:25 +0000 http://npvanwyklouw.org.za/?p=1457   V.l.n.r. Meneer Willie Engelbrecht (voorsitter van die BAK), Prof. Hennie van Coller (gedenklesing spreker), Mev. Magdaleen Schoch, Mnr. Paul Colditz, Prof. Jaap Steyn en Mnr. Anthony Hocking – Foto: Netwerk 24 Sang, poësie, begaafde musikante, ’n lekker sjerrie (teen die Vrystaatse koue) en ’n stimulerende gedenklesing rondom die tema: ‘NP van Wyk Louw as […]

The post Kultuuraand ‘n reuse sukses! appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
 

FAK np van wyk louw BAK

V.l.n.r. Meneer Willie Engelbrecht (voorsitter van die BAK), Prof. Hennie van Coller (gedenklesing spreker), Mev. Magdaleen Schoch, Mnr. Paul Colditz, Prof. Jaap Steyn en Mnr. Anthony Hocking – Foto: Netwerk 24

Sang, poësie, begaafde musikante, ’n lekker sjerrie (teen die Vrystaatse koue) en ’n stimulerende gedenklesing rondom die tema: ‘NP van Wyk Louw as satirikus’. Dit was die jaarlikse Eretoekenningsfunksie en NP van Wyk Louw-gedenklesing wat weer op die 9de Junie deur die BAK (Bloemfonteinse Afrikaner Kultuurraad), in samewerking met die FAK, in Bloemfontein aangebied is.

Die geleentheid was weereens ’n reuse sukses met personeel wat nog tot op die nippertjie moes rondskarrel om stoele te reël vir ekstra gaste wat opgedaag het.

NP van Wyk Louw rakaDie historiese raadsaal in die Ou Goewermentsgebou wat ook tuiste is van die  Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (oftewel NALN) was natuurlik die perfekte plek om gasheer te speel vir hierdie geleentheid. Gaste kon hul verlustig in uitstallings van raar manuskripte en geskiedkundige dokumente, terwyl die standbeelde van uitsonderlike Afrikaners soos CJ Langenhoven, C Louis Leipoldt en ou president Jan Brand getrou die ingange bewaak het.

Prof. Hennie van Coller het met sy gedenklesing die gehoor waarlik geïnspireer met sy intieme kennis van NP van Wyk Louw en sy poësie, en ook laat blyk dat ’n volledige studie oor Van Wyk Louw as satirikus, moontlik eersdaags beskikbaar gaan wees.

Die BAK het by die geleentheid vier ware gemeenskapstaatmakers vereer vir hul opoffering, kultuurbydrae en uitsonderlike prestasies. Die ontvangers van die BAK-oorkondes was:

  • Hennie van Coller vir sy besondere bydrae tot die Afrikaanse taal en letterkunde;
  • Jaap Steyn vir sy besondere bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse taal- en kultuurgeskiedenis;
  • Paul Colditz vir sy toegewyde bydrae tot die beskerming en bevordering van Afrikaans in die onderwys; en
  • Magdaleen Schoch vir haar aktiewe betrokkenheid by die georganiseerde Afrikanerkultuur, en veral vir haar groot bydrae tot Afrikaanse spraak en drama.

Die FAK het ’n buitengewone nominasie ontvang om hierdie jaar ons eietydse ‘boy van Bethulie’, meneer Anthony Hocking, te vereer. Meneer Hocking, wat oorspronklik afkomstig is van Cornwall in die Verenigde Koninkryk, woon reeds sedert 1968 in Bethulie waar hy in 2005 die vervalle ou Royal Hotel (nou gedoop die ‘boeke-hotel’) gekoop het en dit sedertdien in ‘n gewilde toeriste attraksie omskep het. Verder lei hy gereeld historiese staproetes in die omgewing , skryf boeke oor die Anglo-Boereoorlog en werk kliphard in sy gemeenskap om die geskiedenis van Bethulie en omgewing te bewaar en te bevorder.

Hy is vereer met die FAK-Prestigetoekenning vir uitnemende kultuurprestasie vir sy waardevolle bydrae tot die teboekstelling van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, veral oor die Anglo-Boereoorlog, asook vir sy bydrae tot erfenisbewaring.

Die program, wat seepglad verloop het, is afgesluit met ’n gesellige kuier rondom ’n glasie wyn en ligte versnaperinge waar gaste ook kon kennis maak met die ontvangers van al die toekennings.

Die geleentheid kan met reg gesien word as een van die hoogtepunte op die jaarlikse BAK-kalender en al die gaste teenwoordig kon getuig van die warm en hartlike gevoel wat hierdie keurige kultuuraand by almal gelaat het.

Almal word vir oulaas gegroet en stap uit in die beeldetuin, buitekant die Ou Goewermentsgebou, waar ou Afrikanerhelde strak die Bloemfonteinse winternag trotseer. Die onuitblusbare vlamme van hoop vir die toekoms brand in elkeen van ons se hart en die waardering vir die bydraes en opoffering van ons vorige generasies, spoor ons opnuut weer aan.

Indien u belangstel daarin om die BAK in hul aktiwiteite te steun, kontak gerus vir:

Prof. Barry Frey – 083 462 1963; of

Willie Engelbrecht – 082 728 1489.

 

The post Kultuuraand ‘n reuse sukses! appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/kultuuraand-n-reuse-sukses/feed/ 0 1457
Gemeenskapsinstellings – ’n Skans teen oorweldigende staatsmag https://npvanwyklouw.org.za/gemeenskapsinstellings-n-skans-teen-oorweldigende-staatsmag/ https://npvanwyklouw.org.za/gemeenskapsinstellings-n-skans-teen-oorweldigende-staatsmag/#respond Fri, 01 Apr 2016 18:39:22 +0000 http://agri-branding-concept.co.za/?p=346 deur  Christoff van Wyk  Afrikaners het die afgelope eeu, onder andere in twee slagysters getrap. Eerstens het hul afgewyk van hul tradisioneel, desentralistiese republikeinse gedagte (soos in die Boererepublieke van ouds) in ruil vir ’n meer sentralistiese staat waarvan die eerste tree gegee is met die Uniewording in 1910. Tweedens het hul dié sentralistiese staatstelsel, […]

The post Gemeenskapsinstellings – ’n Skans teen oorweldigende staatsmag appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
deur  Christoff van Wyk 

np-van-wyk-louw-gemeenskap1


Afrikaners het die afgelope eeu, onder andere in twee slagysters getrap. Eerstens het hul afgewyk van hul tradisioneel, desentralistiese republikeinse gedagte (soos in die Boererepublieke van ouds) in ruil vir ’n meer sentralistiese staat waarvan die eerste tree gegee is met die Uniewording in 1910. Tweedens het hul dié sentralistiese staatstelsel, tydens die oorgang van apartheid na demokrasie, net so oorhandig aan ’n swart meerderheid wat hul in wese, ten spyte van baie beloftes, nie goedgesind was nie. Afrikanergemeenskappe het dus vir ’n tyd lank eers stadig hul politieke mag verloor en toe in 1994 bykans oornag.

Om hierdie situasie vir Afrikaners om te keer, is onmoontlik binne die bestaande opset. Daar moet dus na alternatiewe opsies gekyk word, nie slegs vir Afrikaners se voortbestaan in Suid-Afrika nie, maar vir alle kultuurgroepe.

Verlede jaar het Johann Rupert in ’n toespraak tydens ’n geleentheid van die FW de Klerk-Stigting daarna verwys dat die regering nie ’n land so kompleks soos Suid-Afrika kan regeer sonder die hulp van die burgerlike samelewing en die privaat besigheidsektor nie.

Tans sien ons dat die vryheid van die burgerlike samelewing en private sektor toenemend ingeperk word deur ’n staat wat al hoe meer mag in homself sentraliseer deur middel van wetgewing en die koöptering van voorheen vrye organisasies en instellings. Ongelukkig misbruik die staat hierdie mag om sy eie sosialisties-kommunistiese ideologie af te dwing, met verrykende gevolge op vele terreine.

Die vraag ontstaan nou, wat kan die burgerlike samelewing en die privaat sektor hieromtrent doen? Of, is meeste van ons besig om vir die staat te wag om ons uit die gemors te kry waarin ons is?

Kan gewone individue regtig weer ’n verskil maak?

Die kort antwoord hierop is, ja.

Maar dit gaan vereis dat ons ’n ander paradigma sal moet aanneem met betrekking tot die aanvaarde verhouding tussen staat en individu soos vervat in ons huidige bestel. Dit gaan moeilik wees, maar dikwels in ’n krisistyd is daar nie ’n ander uitweg nie, en ons is definitief nou in ’n krisis.

Die huidige formaat van politiek waarin ons as Suid-Afrikaners ons bevind, blyk al hoe meer problematies te wees. Die demokratiese omwenteling wat postapartheid plaasgevind het, met stemreg vir almal, het ’n illusie geskep dat probleme ‘reg’-gestem kan word. Hierdie indruk is versterk deur aanvanklike blyke van sukses en stabiliteit. Maar die krake het mettertyd begin wys. Afrikaners en ander minderhede het met skok verneem dat ten spyte van verskanste regte soos vervat in die Grondwet, politieke mag nou soms die botoon voer en selfs op ongrondwetlike wyses teen hulle ingespan word.  Die beskerming wat die Grondwet moes bied oor kwessies soos taal en kultuur is glad nie meer gewaarborg nie.

Onder die meerderheid swart Suid-Afrikaners, en veral die jeug, vind ons tans ’n onrusbarende getal gewelddadige opstande wat plaasvind en waaroor die meeste deesdae nie eers meer berig word nie. Vir hierdie miljoene mense het die beloofde werk en die ‘beter toekoms vir almal’ nog nooit gerealiseer nie, al het hulle ‘reg’ (lees ANC) gestem. Dus, in konklusie, kom die populêre slagspreuk van ‘Vote for change’ eintlik maar net neer op hoogstens ’n verandering in die regerende politieke party, en los dit Jan en alleman steeds magteloos.

Robert Nisbit, die bekende Amerikaanse sosioloog, het in sy voortydige werk Quest for community, die volgende geskryf: “The real conflict in modern political history has not been, as is so often stated, between State and individual, but between State and social group.”

Ek stem met hom saam, al maak die stelling aanvanklik nie sin nie.

Lord Acton se uitsonderlike werk History of freedom behoort in hierdie verband meer lig te werp. Hy skryf die volgende: “It (die Staat) recognizes liberty only in the individual, because it is only in the individual that liberty can be separated from authority, and the right of conditional obedience deprived of the security of limited command.”

Wat Lord Acton hier sê, en wat ook aansluit by Robert Nisbit, is dat die staat oor die algemeen (en ook spesifiek in Suid-Afrika) moeite daarmee maak om alle vorme van gesag wat gesetel is in gemeenskapsinstellings soos gesinne, kerke, skole, universiteite en dies meer, te vernietig of te neutraliseer. Die rede hiervoor is omdat dit baie makliker is om mag te vervreem van die individu wat deur sy illusie van vryheid dit weggee (bv. deur die reg om te stem), in teenstelling met sterk gemeenskapsinstellings wat in ’n baie groter mate die verteenwoordigende wil van individue versinnebeeld.

’n Groot deel van die oplossing lê dus daarin om tradisionele instellings soos die gesin, die kerk, die skool, universiteite en ander instansies van vry assosiasie weer te begin opbou en versterk. Hierdie tipe gemeenskapsinstellings behoort die kern te vorm van ’n nuwe denkraamwerk rondom die terugwin van mag vanaf die staat.

Ons sien vandag dat meer en meer gemeenskaps- en burgerlike instellings tot stand kom en dat daar werklik sukses behaal word. Maar, daar moet steeds meer gedoen word omrede die stig van nuwe gemeenskapsinstellings en die mobilisering van gemeenskappe rondom hul eie belange, teen die grein ingaan van die huidige sosiale en kulturele diskoers.

In ons moderne kultuur van hiperindividualisme is ons wys gemaak dat solank ek as individu oor sekere regte beskik wat grondwetlik of andersins verskans is, ek veilig gaan wees. In praktyk het dit nie so uitgewerk nie en alhoewel ons die gevolge hiervan al hoe meer aan ons lywe voel, is die natuurlike reaksie steeds staats-/polities georiënteerd in plaas van gemeenskapsgeoriënteerd.

’n Goeie voorbeeld hiervan is die nuutgestigte atletiekassosiasie FASA (Forum for Athletes South Africa). Dit is ’n organisasie met vrywillige lidmaatskap wat poog om weer ’n stem te gee aan Suid-Afrikaanse atlete wat deur swak staatsinstellings ontneem is van hul regte en potensiaal. Hierdie tipe organisasie staan presies in lyn met die argumente vir gemeenskapsinstellings soos hierbo uiteengesit.

Indien ons dus waarlik ’n verskil in ons land wil maak, gaan dit van ons as gewone burgers verg om uit ons gemaksones te beweeg en betrokke te raak by gemeenskaps- en burgerlike organisasies. En waar hierdie organisasies nog nie bestaan nie, sal ons hulle moet stig en daadwerklik begin verantwoordelikheid neem vir ons eie toekoms.

The post Gemeenskapsinstellings – ’n Skans teen oorweldigende staatsmag appeared first on N. P. van Wyk Louw-sentrum.

]]>
https://npvanwyklouw.org.za/gemeenskapsinstellings-n-skans-teen-oorweldigende-staatsmag/feed/ 0 346