Titel: Konsentrasiekampsterftes gedurende die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Outeur: Celeste Reynolds
Verskyningsdatum: Desember 2013
ISBN: 978-0-620-58846-1
Formaat: 210 x 297 mm (A4-formaat)
Aantal bladsye: 128
Verkoopprys: R150
Baie is oor die Anglo-Boereoorlog geskryf. Verskillende temas is aangeraak, wat wissel van veldslae tot meer persoonlike verhale en ’n magdom statistiek is bekend. Die doel van dié studie is om aan die hand van beskikbare gegewens te bepaal hoeveel sterftes onder burgerlikes gedurende die Anglo-Boereoorlog voorgekom het. So skep die skrywer ’n genealogiese databasis van vroue, kinders en bejaardes van Suid-Afrika.
“Syfers en statistieke is so klinies, maar wanneer die inligting met betrekking tot ’n spesifieke familienaam uitgelig word, tref die volle omvang van die konsentrasiekampsterftes ’n mens en word die verlede ’n emosionele werklikheid” sê Reynolds.