Van der Merwe-toespraak

deur Dr. Koos van der Merwe 

Van der Merwe-toespraak


Die volgende is ‘n toespraak deur die land se langsdienende LV, Koos van der Merwe, voor ‘n ATKV-gehoor by Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp gehou op 20 Mei 2015. Die-ATKV bestuurslid wat die bedankings moes doen het ten sterkste beswaar aangeteken teen die toespraak.

INLEIDING

Ek is gevra om oor die Parlement te vertel. Nou,

  • na 37 jaar in die Parlement
  • waar ek 478 toesprake gehou het,
  • en meer as ‘n duisend keer tussen JHB en Kaapstad gevlieg het,

kan ek u gevolglik heelaand met lekker stories besig hou.

MY DOEL

Ek wil egter reg aan die begin verwys na die kernboodskap van my toespraak, naamlik die groot en gewigtige vrae wat kinders deesdae hul ouers vra, naamlik:

  • “Pa, wat is my toekoms in Suid-Afrika, Pa?”
  • “Ma, moet ek soos baie anders ook maar Australië toe, of Amerika, Ma?”

Dis ‘n wrede vraag. Hoe antwoord ons?

Ek gaan daardie vraag beantwoord, maar voordat ek dit doen, moet u onthou dat jy net in die toekoms kan kyk as jy jou geskiedenis ken. As jy nie jou geskiedenis ken nie, kyk jy soos ‘n blinde die toekoms in.

MALEMA

Wat die Ou Suid-Afrika betref, was die Parlement tradisioneel amper soos ‘n Sinodesitting:

  • Waardig
  • Respekvol
  • Respek vir die Speaker
  • Respek vir die Reëls en
  • die Ongeskrewe reëls –
  • Ja, die Parlement was die hoogste, waardigste en belangrikste byeenkoms in die land.

Nou:    Met die koms van Malema word die Parlement ‘n sirkus, met

  • Blatante minagting van die Reëls
  • Minagting van die Speaker
  • Minagting vir Parlementêre tradisie
  • Minagting selfs vir doodgewone goeie maniere.

Die Malemas steur hulle eenvoudig nie aan die Speaker se herhaalde beroepe op Orde nie.

So, mens kan vra: Wat gaan van die Parlement – die sirkus – word? Die Parlement is tans ‘n tydelike sirkus. Die tent gaan op die een of ander stadium opgeslaan word en al die diere gaan trek. Die punt is dat Malema se sirkus nie lank aan die gang gehou gaan word nie.

MY GROOTWORD ONDER APARTHEID

Ek wil u nou vertel hoe ons met apartheid grootgeword het. Ek is in 1937 gebore en is nou 77 jaar jonk. Ek het byna 70 jaar gelede op verkiesingsdag 26 Mei 1946 saam met twee maats heeldag verkiesing geveg om seker te maak die Nasionale Party se kandidaat, Oom Jack Loock, wen. Hy het toe met 16 stemme gewen.

Ek onthou hoe ‘n Sapseuntjie op stemdag gesê het: “As Oom Jannie (generaal Smuts, Eerste Minster) inkom, gaan hy al die swartes die see injaag“. Ons kon hom nie eintlik antwoord nie, maar die logiese teenvraag sou gewees het: “Goed, maar as al die swartes nou weg is, wie hou die myne, die fabrieke en plase aan die gang?“

Die land se ekonomie sou natuurlik in duie gestort het.

Hoe het ons apartheid toe verstaan? Baie eenvoudig:

  • Hulle eenkant en ons eenkant“
  • Hulle het hul eie lande, werk tydelik hier en sal terugkeer na hul eie lande
  • Die NP het ons vet gevoer met die versekering dat ons beleid die enigste een is wat kan werk en ons het dit geglo
  • Die predikante het ons verseker apartheid is op die Bybel gefundeer.

Luister bietjie na ‘n paar aanhalings uit Regverdige Rasse Apatheid, boek van dr Geoff Cronjé, dr William Nicol en prof EP Groenewald, wat in 1947 verskyn het:

  • “Die verdeling van die menslike geslag in rasse, volke en tale is ʼn bewuste daad van God”.
  • “Die Here wil dat aparte volke hul apartheid moet bly handhaaf”.
  • “Die apartheid strek hom oor die hele terrein van die volkslewe uit”.
  • “Die sosiale skeiding tussen die volke word deur Jesus Christus aanvaar”.
  • “Gods seën rus op die eerbiediging van die apartheid”.

VRAAG: Wie kan ons dit kwalik neem dat ons aan apartheid geglo het?

  • Niemand nie!

DIE PRENTJIE HET EGTER FUNDAMENTEEL VERANDER, VERAL NA DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG

  • Die stigting van die VN: Almal daagliks bymekaar
  • Menseregte op die voorgrond
  • Uhuru lei tot dekolonisasie
  • Ons situasie het gaandeweg erg vererger

**        Die getalle ander mense het veral na die WOII die stedelike gebiede byna oorstroom

**        Ons was egter afhanklik van swart arbeid: Myne, Fabrieke, Plase.

**        Ons doen mos nie self ons handewerk nie

**        Dit kom al van Jan van Riebeeck se tyd af waar ‘n jongman gesê het: “Ik doet geen slawewerk!“

**        Deur van volksvreemde arbeid oor dekades heen gebruik te maak, het ons stadig maar seker ons politieke graf gegrawe en uiteindelik in 1994 ons onder ‘n swart regering beland.

DIE UITEINDELIKE RESULTAAT

  • Die baie miljoene swart mense wat dekades lank reeds in blanke gebiede gelewe het, en wat op volle politieke regte aangedring het, het ons blankes uiteindelik soos ‘n TSUNAMI getref.
  • ‘n Oorweldigende Tsunami van miljoene swart mense in blanke gebied het

**        apartheid,

**        die Nasionale Party,

**        die Konserwatiewe Party,

**        die HNP en

**        al die ander blanke politieke partye

eenvoudig verswelg en verwoes. Die Tsunami is dan ook naam van die boek wat ek tans skryf.

Soos dit later sal blyk, was daar ook in die VSA en Australië Tsunami’s: Tsunami’s van miljoene Europeërs en Britte wat die twee lande oorstroom het, die inheemse mense uitgeroei en die land vir hulself gevat het

MY PARLEMENTÊRE LOOPBAAN

Ek wil vervolgens vir u van my Parlementêre loopbaan vertel. Ek is op 30 November 1977 tot die Parlement verkies as LP vir Jeppe. Amper 40 jaar gelede. Jeppe was ‘n rowwe plek: Die kanaries sing daar bas.

Kaap toe

Ons is toe Januarie 1978 Kaap toe met die trein: Annette, ekself, Jaco, Corrietjie, Henri, Tommie die hondjie, Hiers Ek, die kat en trommels vol klere. Ons het in huis B46 in Akasiapark ingetrek waar ons 17 jaar lank heerlik en gelukkig gewoon het.

My eerste sittingsdag in die Parlement was ek die ene senuwees. Mnr John Vorster het die wantrouedebat afgeskop en ek het my verluister na hom en die een spreker na die ander. Ek het skielik ‘n groot vrees ontwikkel toe ek besef ek moet ook daar gaan staan en praat. Terwyl ek gewag het om my nooienstoespraak te hou, was ek soms nat van die sweet.

Terwyl ek toe met my nooienstoespraak worstel, praat ek toe eendag met Oom Jack Loock, vir wie ek in 1948 verkiesing geveg het. Hy het later ‘n Senator geword. Ek vra toe eendag vir hom, Oom Jack, wat is die belangrikste reël vir ‘n LP. Hy sê toe:

  • “Koos, jy moet As jy nie weet wat perform is nie, bedank dadelik“. Ek het daarna so erg my bes gedoen om te perform dat ek later oorgeperform het.
  • Ek is omtrent tien keer gevra om die Huis te verlaat
  • Eenkeer het ek die Parlement se deur amper des moers geskop
  • ‘n ander keer het ek ‘n koek in die Raad ingebring!
  • En nog baie ander politieke pret

Wat opmerklik en heerlik was, is die humor wat kort-kort opgeduik het

Oom Piet Swanepoel

  • Jan Hoon het sy setel in 1985 verloor en Oom Piet Swanepoel was die nuwe lid vir Kuruman. Jan bel my toe en vra of dit waar is dat Oom Piet soms in die Raad sit en slaap. Ja, sê ek. Jan sê Koos, help. Ek sit toe die middag en hou Oom Piet dop. Hy het ‘n groot middagete gehad, dit was warm en sommer gou-gou slaap Oom Piet. Ek staan op en sê saggies op ‘n punt van orde, mag die Agbare Lid vir Kuruman in die Raad sit en slaap. Almal kyk toe vir die slapende Oom Piet met sy kop wat wieg van langs na regs. “Orde!“ sê die Voorsiter hard. “Nee, die agbare Lid vir Kuruman kan nie in die Raad sit en slaap nie!“
  • Met hierdie uittreksel uit Hansard het Jan Hoon dit groot in Kuruman gepubliseer met ‘n spotprent van Oom Piet aan die slaap in die Parlement. Jan het by die volgende verkiesing weer gewen.
  • Die LES uit Oom Piet se storie is dat in plaas daarvan dat Oom Piet geperform het, het hy hom uit die Parlement uit geslaap.

GROOT LESSE

Die groot lesse wat ek oor die jare geleer het, en wat net sowel op enige ander beroep van toepassing kan wees, is onder andere:

  • Respek vir die geskrewe EN ongeskrewe Reëls EN die Speaker van die Parlement
  • Om jou plek as agterbanker te ken en nederig te wees
  • Om elke ander LP, besoekers en personeel te respekteer
  • Om die Parlement se tradisies in stand te hou
  • Om te leer dat die pad na sukses ‘n pad van nederigheid is en die pad na mislukking is om belangrik te probeer wees
  • Dat jy te alle tye betyds by vergaderings moet opdaag, deeglik voorbereid moet wees en dan ingeligte en waardevolle insette te maak

Ek wil nou twee groot en tragiese gebeurtenisse opdiep en vra watter lesse leer ons daaruit?

Die skeuring van die Nasionale Party in 1982

In 1982 skeur die NP en die KP word gestig. Die twis was rondom die woord “magsdeling“ wat die NP oor die jare heen verwerp het en nou aanvaar het. Dit was ‘n tragiese dag. Ek is nou nog van mening dat daar eerder met baie groter geduld onderhandel moes gewees het om skeuring te vermy. Ek het hieroor in die Parlement gesê:

“Die twee Afrikanerbulle beveg mekaar tot die dood toe en wanneer hulle magteloos en oorwonne in die kraalmis lê, dan wei die swart bulle rustig oor ons.”

Dis toe ook wat gebeur het.

DIE LES?

Mag ons almal vandag daaruit leer om veral in die politiek geduldig te wees en aandagtig na mekaar se standpunte te luister en nie oorhaastig op te tree nie.

Die Eerste Minstersverkiesing: PW teen Connie

Die tweede tragiese gebeurtenis was die verkiesing van ‘n nuwe Eerste in 1978 toe mnr John Vorster uitgetree het. Die twee kandidate was PW Botha en Connie Mulder. PW het gewen.

Wat my later opgeval het, en dit is die kern van hierdie ervaring, was wat sou die NP se leiers in elk geval kon doen teen die onheilspellende, opbouende tsunami?

Wat het mnr Vorster probeer doen? En PW? En Connie as jy gewen het?

Die punt is dat die tsunamie onstuitbaar op pad was en so ook die koms van ‘n swart regering. Dit was onvermydelik. Nie een van ons leiers sou dit kon stuit nie.

As iemand my 30 jaar gelede gesê het dat ek eendag gaan sê ‘n swart regering is onvermdeylik, dan sou ek daardie kêrel onmiddellik na die Groen Dakkies verwys het.

MY DOKTORALE STUDIE

Ja, ek pak toe ‘n doktorale studie op my oudag aan. My tema was hoe Apartheid die afgelope 350 jaar in die VSA, Australië en Suid-Afrika toegepas was.

DIE VSA

Die VSA en Australië was deel van die venynige vingerwysers dat Suid-Afrika se beleid ‘n sonde teen die mensdom is. Nou wil ek bietjie krap in dié twee lande se verledes om te sien hoe hulle hul inheemse mense hanteer het.

Die kort en lang storie oor die VSA is dat Europeërs wat vanaf rondom die jaar 1600 en later in hul miljoene na Noord-Amerika geëmigreer het, die Indiane uitgeroei en hul land afgeneem het.

Indiane: Waarvandaan?

  • Indiane het sowat 30 000 jaar gelede tot sowat 10 000 jaar gelede vanaf Eurasië Noord-Amerika begin binnekom en in die land versprei.
  • Hierdie mense, wat Indiane genoem word “…soon diversified into many hundreds of culturally distinct nations and tribes” (Kennedy et al, 2006:6).

Hoeveel?

Skattings wemel van hoeveel Indiane in die pre-koloniale tydperk in Noord-Amerika geleef het en wissel van 8 miljoen tot 900 000 wat in die Kongres se Biblioteek genoem word.

EUROPEËRS

Europeërs van Spanje, Brittanje, Frankryk, Nederland het vanaf die jaar ongeveer 1600 in Noord-Amerika begin vestig en uiteindelik was daar baie miljoene van hulle.

KONFLIK: INDIANE UITGEROEI

Die historikus Brown noem verskeie tragiese gevalle waar Indiane uitgewis is. Hy skryf soos volg oor Columbus en sy Spaanse soldate

“The Spaniards looted and burned villages; they kidnapped hundreds of men, women and children and shipped them to Europe to be sold as slaves… whole tribes were destroyed, hundreds of thousands of people died in less than a decade after Columbus set foot on the beach at San Salvador, October 12, 1492” (Brown, 1976:2).

  • Nederlanders was ook in bloedige, genadelose konflik met die Indiane betrokke. Na ʼn insident in Manhattan in 1641 waar ʼn paar Nederlanders vermoor is, gebeur die volgende:
  • “Kieft (die Nederlandse leier) ordered the massacre of two entire villages while the inhabitants slept. The Dutch soldiers ran their bayonets through men, women, and children, hacked their bodies to pieces, and then levelled the village with fire” (Brown, 1976:4).
  • “The people of our Frontier carry on private expeditions against the Indians, and kill them whenever they meet them.”
  • In 1850 het Kalifornië ‘n skrikwekkende wet aangeneem dat geen blanke skuldig bevind kan word op die woord van ‘n Indiaan nie.

Die effek hiervan is dat waar blankes byvoorbeeld Indiane vermoor en hul vrouens verkrag, kan geen Indiaan wat die misdade sien plaasvind het, se woord aanvaar word nie en die misdadigers kom letterlik met moord weg.

“In 1851, California passed legislation authorizing payment to voluntary citizens, and radical groups to kill Indians and receive compensation from the State of California who was reimbursed over a million dollars by the US Government”.

Reservate

Vanaf 1851 het die Amerikaners begin om reservate vir Indiane te skep. ‘n Reservaat is ‘n stuk grond wat deur ‘n Indiaanstam onder gesag van die Departement vir Indiaansake bestuur word. Daar is tans (2015) sowat 310 Indiaan reservate in die VSA wat 2,3% van die VSA se grondgebied uitmaak. Daar is egter meer as 550 erkende stamme en daar woon tans sowat ʼn miljoen Indiane in reservate.

Die historikus Brown het die Indiaanse geskiedenis van die Amerikaanse Weste bestudeer en sy bevinding is soos volg: “During the time (1860 to 1890) the culture and civilization of the American Indian was destroyed…”

Daar is talle ander voorbeelde van hoe Indiane uitgewis is.

CONCHISE

Brown skryf ook oor tragiese en emosionele stellings wat Indiaan-leiers gemaak het soos die een deur Conchice van die Chiricahau Apaches

“When I was young, I walked all over this country, east and west, and saw no other people than the Apaches. After many summers I walked again and found another race of people had come to take it. How is it? (roep Conchise uit). Why is it that the Apaches wait to die … The Apaches were once a great nation; they are now but few, and because of this they want to die …”

Die Indiane se lot: Hulle is militêr oorwin, uitgeroei en van hul grond beroof.

STRENG SEGREGASIE

In die VSA is oor tyd streng segregasiemaatreëls ingestel wat hoofsaaklik teen die Indiane en vrygestelde swart slawe gemik was. Vorme van rassisme en gedwonge segregasie het tot in die 1960s steeds wyd in die VSA voorgekom.

President Woodrow Wilson, wat vanaf 1913 tot 1921 president was, het volle rasse segregasie in die aanstelling van federale amptenare toegepas. Met ander woorde: Slegs blankes

Die historikus Du Bois het in ‘n brief aan president Wilson gekla dat ‘n amptenaar wat ‘n pos beklee het waarvoor hulle nie ‘n geskikte blanke kon kry nie

“…has consequently had a cage built around him to separate him from his white companions…”

Tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) meer as 350 000 swartes in die VSA weermag gedien, maar in gesegregeerde eenhede.

Nog rasse-segregasie

  • Menseskeiding,
  • Geen toegang vir swartes tot

**        blanke skole,

**        restaurante,

**        hotelle en

**        parke nie;

  • apart sit in openbare vervoer,
  • verbod op rasgemende huwelike in al die VSA se deelstate
  • weiering van dienste aan swartes,
  • die moeilikmaak vir swartes om in wit gebiede te woon,
  • Rooilyndiskriminasie: Die trek van ‘n rooi lyn in gebiede wat beteken sekere dienste word nie daar aan sekere mense gelewer nie.
  • Die pryse in supermarkte is verhoog om sekere groepe mense uit te hou
  • In sekere gebiede is toegang tot gesondheidsdiens te duur gemaak
  • Dit was moeilik gemaak vir swartes om werk te kry
  • Dit is uiters moeilik gemaak vir swartes om ʼn huisverband te bekom om ʼn huis in ʼn blanke gebied te kan koop. Kaarte is opgestel wat baie woongebiede aandui waar sekere mense nie huis-finansiering kon kry nie.
  • Segregasie in busse

**       Voor Desem­ber 1956 was al die busse in die Suide

gesegregeer

**       Swartes moes apart sit

**       Geen swarte mag sit as ‘n blanke moet staan nie

**       Stopplekke in swart gebiede was verder uitmekaar as in wit

gebiede

  • Goewerneur Wallace (Alabama) het in 1953 gesê: “Segregation today, Segregation tomorrow, Segregation forever!”
  • Toe John F Kennedy in 1961 die VSA se president word, het hy die volgende toestand geërf: Swartes –

**  was nog nie as gelykwaardig aan wittes beskou nie,

**  het min regeringsposte beklee,

**  het nie in dieselfde restaurante as wittes kon eet nie,

**  nie uit dieselfde drinkfonteine gedrink of dieselfde badkamers gebruik nie,

**  moes agter in busse sit,

**  het in ghetto’s geleef terwyl wittes in die ryker buurte gewoon het,

Tsunami

Samevattend kan gesê word dat die VSA ook deur ‘n tsunami getref is deurdat:

  • Miljoene Europeërs van ver af gekom het;
  • die land oorstroom en verswelg het;
  • die inheemse mense uitgeroei en
  • die land oorgeneem het.

AUSTRALIË

1788: Britse vestiging in Australië

Die Britse Eerste Vloot, bestaande uit 11 skepe, het op 18 Januarie 1788 vanaf Brittanje in Botanybaai in Australië aangekom na ʼn seereis van 252 dae. Daar was 1 044 passasiers aan boord waarvan 504 manlike en 192 vroulike bandiete was. Die bandiete was dus 70% van die Britse aankomelinge.

Inheemse mense

By die aankoms van die Britte was daar drie hoofgroepe inheemse mense: Die Aborigenes, Torres-eilanders en Tasmaniërs, elkeen met sy “…own unique mixture of cultures, customs and languages

Aborigenes

Aborigenes het sowat 40 000 of meer jaar gelede oor die see vanaf Oos Asië in Australië begin aankom. Daar word geskat dat daar by die Europese aankoms tussen 318 000 en 750 000 Aborigenes in Australië was.

Byna onmiddellik na die Britte se aankoms het konflik met die inheemse mense uitgebreek Die inheemse mense is oor tyd deur die Britte uitgeroei en van hul grond verdryf.

Torres-eilanders

Die Torres-eilanders het nie in Australië self gewoon nie, maar op die Torres-eilandgroep wat uit sowat 100 eilande bestaan en naby Queensland geleë is.

Tasmaniërs

Die Tasmaniese bevolking het sowat 40 000 jaar gelede oor ʼn landbrug vanaf Australië na Tasmanië beweeg . Tasmanië is sowat 10 000 jaar gelede van Australië afgeskei weens die styging van die seewater.

Die Britte het in 1803 in Tasmanië aangekom waar daar tussen 5 000 en 10 000 mense gewoon het. Die tragiese feit is dat die laaste Tasmaniër meer as ‘n 100 jaar gelede gesterf het.

Menseverskille

Die menseverskille tussen die Britte en die inheemse mense was diep. Meer as 250 tale en 600 dialekte is gepraat.

Konflik

Daar was baie konflik wat tot talle slagtings van inheemse mense gelei het. Baie inheemse mense het ook gesterf van siektes wat die Britte saamgebring het en talle is van hongersnood dood as gevolg van verpligte verskuiwings.

LANDOR

In 1847 het EW Landor, ʼn juris, die volgende gesê

“We have seized upon the country, and shot down the inhabitants, until the survivors have found it expedient to submit to our rule. We have acted as Julius Caesar did when he took possession of Britain” (Reynolds, 1981).

John Gardiner-Garden sê:

“The first century of European-Aboriginal relations can be characterised as a period of disposses­sion, physical ill-treatment, social disruption, population decline, economic exploitation, codified discrimination, and cultural devastation”.

DIE GESTEELDE GESLAGTE: Vanaf 1860 tot in die 1970’s.

Die verhaal van die sogenaamde Gesteelde Geslagte is ‘n aaklige en pynlike een. Oor ’n 100 jaar, vanaf 1860 tot in die 1970’s, is sowat 100 000 kinders, meeste onder 5 jaar oud, van hul ouers weggeneem met die doel

  • om “volbloed” van “half-bloed” (Aborigenes) te skei;
  • inheemse aanwas te beperk, en
  • om goedkoop arbeid te voorsien.

Baie kinders en ouers het mekaar nooit weer gesien nie. Kinders uit dieselfde ouerhuis is opsetlik van mekaar geskei. Vandag nog weet baie Aborigenes nie wie hulle familie is nie en kry hulle ook nie opgespoor nie.

Die “Bringing Them Home Report”: 1997

In 1997 het die Australian Human Rights and Equal Opportunity Commission die Gesteelde Geslagte ondersoek en sy bevindings gemaak deur te vertel van

  • moeders wat met hul babas die bosse in vlug;
  • die verslawing van meisies om as huishulpe en kinderoppassers in die plattelandse gebiede moes gaan werk “…being treated like cattle“;
  • ʼn vrou wat vertel: “We were bought like on a market. We were all lined up in white dresses and they would come around and pick you out like you was for sale”.
  • die kinders “…suffered higher degrees of sexual abuse, maltreatment, dislocation of family life, poverty and hardship than other Aboriginal people“;
  • The policy broke important cultural, spiritual and family ties which crippled not only individuals, but whole families and even whole communities”;
  • “The aim of the policy was to ’breed out’ the Aboriginal race”.

Op 13 Februarie 2008 het die Australiese Eerste Minister, Kevin Rudd, apologie oor die Gesteelde Geslagte aangeteken.

Verbod op immigrasie van nie-blankes: 1901

Die Australiese term White Australia Policy verwys na verskeie beleidsrigtings van die verlede wat

“…intentionally restricted non-white immigration to Australia”.

ABSURDE STELLING

Die volgende is ‘n aaklige stelling oor die hantering van inheemse mense

“In 1935, an Australian of part Indigenous decent left his home on the local reserve to visit a nearby hotel where he was ejected for being Aboriginal. He returned home but was refused entry to the reserve because he was not Aboriginal. He attempted to remove his children from the reserve but was told he could not because they were Aboriginal. He then walked to the next town where he was arrested for being an Aboriginal vagrant and sent to the local reserve. During World War II he tried to enlist but was rejected because he was an Aborigine so he moved to another state where he enlisted as a non-Aborigine. After the end of the war he applied for a passport but was rejected as he was an Aborigine, he obtained an exemption under the Aborigines Protection Act but was now told he could no longer visit his relatives as he was not an Aborigine. He was later told he could not join the Returned Servicemen’s Club because he was an Aborigine” (Absurde definisie: Commonwealth versus Tasmania. 1983, HCA 21; 1983: 158 CLR 2. 1 Julie 1983).

Hoeveel mense tans in Australië?

Uit ‘n Australiese bevolking van 24 miljoen, is daar skaars 500 000 Australiërs wat hulself as inheemse mense beskou.

Ek kan nog baie oor die VSA en Australië uitwei, maar ek dink ek stap af met hierdie kernvraag:

  • Waar het die VSA en Australië met hul skandalige en bloedige verledes teenoor hul inheemse mense – waar het hulle die reg gekry om Suid-Afrika te kritiseer?
  • Om te sê ons beleid was ‘n sonde teenoor die mensdom.
  • En hulle? Wat van hul sondes teen die mensdom?

SUID-AFRIKA

  1. Daar was geen slagtings van inheemse mense soos in die VSA en Australië nie
  2. Swart volke woon nou nog grootliks waar hulle honderde jare gelede gewoon het: Die ANC erken in sy webwerf soos volg:

1. The African Kingdoms are defeated 1860s – 1900

White settlers from Holland first came to South Africa in 1652. many bitter struggles were fought over land and cattle. Although the African kingdoms lost land and cattle they were still independent some 200 years later.

But in the 1860s Britain brought large armies with horses, modern rifles and cannons, to take control of South Africa. The Xhosa who had fought nine wars of resistance against the colonisers, were finally defeated in 1878, after more than 100 years of warfare.

  1. Die groot verskil tussen SA, aan die een kant, en die VSA en Australië aan die ander kant, is soos volg:

**        Ons wou nie en het nie die inheemse mense uitgeroei en die hele

           land vir onsself probeer roof nie.

**        Ons het vir grond onderhandel: Piet Retief

Onthou asseblief: Die kernvraag waaroor my bydrae eintlik gaan:

  • “PA, HOE LYK MY TOEKOMS IN SUID-AFRIKA, PA?”
  • “MA, MOET EK OOK MAAR AUSTRALIË OF AMERIKA TOE GAAN, MA?”

Ek wil hierdie vraag beantwoord deur te kyk na die slegte en die goeie in ons land.

DIE SLEGTE      

  • Ons regeer nie meer onsself nie
  • Misdaad floreer
  • Afrikaans kwyn
  • Regstellende aksie ontneem ons van werk
  • Korrupsie
  • Swak regering
  • Engels begin alles oorneem
  • Standaarde verlaag
  • Beurtkrag
  • Hopelose dienslewering
  • So kan ek aanhou tot die koeie huis toe kom…

DIE GOEIE

  1. Die Grondwet: Daar is talle voorbeelde van hulp
  2. Onthou: Ons het die slegte van die verlede oorwin
  3. Verteenwoordigers: In die Parlement, Provinsies, Stadsrade
  4. Afrikaanse TV-kanale en ‘n aantal Afrikaanse radiostasies
  5. Ons het die meeste professionele mense in die land
  6. Daar is talle Afrikaanse miljardêrs
  7. Ons het steeds Afrikaanse skole en ‘n Universiteit of twee.
  8. Ons het Solidariteit met sy meer as 300 000 lede wat op elke terrein vir ons veg
  9. Ons het oor die eeue die ysere wil gehad om te oorleef.

**        1830s: 435 plase vernietig

**        Die ABO: Byna 30 000 vroue en kinders sterf, 30 000 plaseverwoes

**        Ons het dit alles oorwin

SÊ VIR U KIND:

  1. Hy of sy moet self besluit of hulle wil bly of die land wil verlaat.
  2. MAAR sê ook vir hulle eerlik hoe ons posisie in die Nuwe Suid-Afrika is:
  • Ons moet aanvaar ons regeer nie meer onsself nie
  • Ons moet aanvaar ons is nie meer ‘n bevoorregte volk nie en dat ons nie meer voor in toue kan staan nie
  • Dis hoog tyd dat ons ons skuldgevoelens oor ons verlede afskud
  • Dis tyd dat ons ‘n gees van pessimisme afskud
  • My kind, wees eerder trots op wat ons mense vir die ander volke oor die eeue gedoen het
  • Ons het ‘n versameling van ontelbare talente
  • Ons moet met trots ons plek in die Nuwe Suid-Afrika inneem en saam met die ander groepe mense ’n sleutelrol speel om die slegte uit te roei.
  • Laat jou oorlewingswil soos ’n klipmuur staan
  • Moenie jou voorgeslagte wat bloed en goed vir ons opgeoffer het, in die steek laat deur te vlug nie

Ek sluit af deur u te verwys na die inspirerende gedig van Jan Celliers, want dit gaan daardie mense wees wat hy beskryf het wat ons volk se voorbestaan gaan help verseker.

Vra uself ook af of u een van hulle is wat ons toekoms gaan help verseker. Indien wel, toets uself aan die volgende uitdagende woorde van die digter:

Gee my ‘n man wat sy man kan staan

Gee my ‘n arm, wat ‘n slag kan slaan

En ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk

En ‘n wil wat so vas soos ‘n klipmuur staan!

Ons het hierdie manne en vroue nodig!

Dankie

No comments yet.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.