Waar staan die Afrikaner vandag? – Help ons om uit te vind

NP van Wyk Louw Quo Vadis

Quo Vadis? – Kliek op die foto om die vraelys in te vul

Waar staan die Afrikaners tans in Suid-Afrika en hoe lyk die toekoms? Op watter areas is die Afrikaner tans die kwesbaarste? Wat is die samebindende faktore? Hoe lyk die toekoms?
Die NP van Wyk Louw-sentrum vir Gemeenskapstudies is tans besig met ‘n omvattende studie om die antwoorde op hierdie vrae en nog vele ander te kry. U hulp word hiermee benodig.Ons wil graag vra dat u 5 minute van u tyd afstaan om 25 vrae te beantwoord. Die vraelys word anoniem ingevul en u persoonlike inligting is dus veilig. Die vraelyste wat ontvang word sal ontleed word en in ‘n nuwe verslag, later vanjaar vrygestel word.Deur hierdie vraelys in te vul, help u die sentrum om op ‘n sinvolle wyse insae te verkry in die wel en weë van die Afrikaner en ook hierdeur die pas aan te gee vir die toekoms. 

No comments yet.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.